AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Volstruisbedryf tree gou op

’n Verbod is landwyd op die uitvoer van volstruise geplaas nadat 'n vorm van Avian Influenza op ’n plaas naby Oudtshoorn bevestig is.

’n Verbod is landwyd op die uitvoer van volstruise geplaas nadat 'n vorm van Avian Influenza op ’n plaas naby Oudtshoorn bevestig is.

Mnr. Anton Kruger, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer (SAVBK), het aan Landbouweekblad gesê die H5N2-stam van die virus is op een plaas bevestig.

Dié spesifieke stam hou egter nie gevaar in vir mense nie en daar is geen rede tot paniek nie.

R108 miljoen en 5000 volstruise

’n Verbod is op die slagting en beweging van volstruise in die Oudtshoorngebied geplaas. Volstruisvleis dra 62% by tot die inkomste van die bedryf. So ’n verbod kan die bedryf R108 miljoen per maand kos.

Hoewel die saak in ’n ernstige lig beskou en fyn dopgehou word, kon vorige uitbrekings daarvan onderskeidelik sowat 7 en 17 jaar gelede by Oudtshoorn doeltreffend bestry word.

Ondersoeke word gedoen om presies vas te stel hoeveel voëls siek is. Altesaam 5 000 volstruise is op die spel.

Samewerking

Die SAVBK, die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye en die Wes-Kaapse departement van landbou en landelike ontwikkeling werk saam om die situasie te hanteer.

In 2004/’05 het die land ’n verlies van R700 miljoen aan buitelandse inkomste gely en sowat 4 000 werksgeleenthede het verlore gegaan. In Junie 2006, toe voëlgriep op twee plase naby Albertinia gevind is, is ’n uitvoerverbod op vars volstruisvleis terugwerkend vanaf 1 Mei daardie jaar geplaas.

14 April 2011
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.15
-5.1%
Palladium
1,622.22
-2.9%
Goud
1,865.48
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons geniet ons geluk en vreugde saam.
Ek het n aangename en sterk persoonlikheid. Ek is n omgee mens wat altyd net die beste wil gee en doen. Ek het n goeie humorsin en is baie lief vir die natuur. Ek hou van goeie...
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot