AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Voorste ekoloog van die Karoo sterf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dr. Richard Dean (links) wat vroeër vandeesmaand oorlede is, in November 2020 saam met mnre. Callum Clark, ’n student aan die Nelson Mandela-universiteit se Saasveldkampus, Bertus Fourie, bestuurder van die Renu-Karoo-kwekery op Prins Albert, me. Gosego Nampa, ’n Saeon-intern in 2020, en sy vrou, dr. Sue Milton. Foto: Amelia Genis
Dr. Richard Dean (links) wat vroeër vandeesmaand oorlede is, in November 2020 saam met mnre. Callum Clark, ’n student aan die Nelson Mandela-universiteit se Saasveldkampus, Bertus Fourie, bestuurder van die Renu-Karoo-kwekery op Prins Albert, me. Gosego Nampa, ’n Saeon-intern in 2020, en sy vrou, dr. Sue Milton. Foto: Amelia Genis
Een van Suid-Afrika se voorste Karoo-ekoloë is op 3 Augustus oorlede.

Dr. Richard Dean, ’n ornitoloog en mede-eienaar van Renu-Karoo op Prins Albert, word deur mede-wetenskaplikes onthou vir sy groot bydrae tot veldnavorsing in die Karoo.

Die eenheid vir plantbewaring aan die Universiteit van Kaapstad beskryf hom as ’n produktiewe navorser wat bekend was vir sy en sy vrou, Sue, se werk oor die ekologie van die Karoo. (Lees hier meer.)

“Richard het ’n waardering gehad vir die verhoudings tussen verskillende organismes en het dikwels hul interaksies bestudeer om te verstaan hoe dit gelei het tot die patrone wat in die landskap waargeneem word. Hy was ook diep bekommerd oor die impak wat mense op die omgewing het, hetsy deur oorbeweiding of deur kunsmatige versperrings vir beweging, soos paaie of heinings, op te rig.”

In 2017 het hy aan Landbouweekblad gesê nuwe grondeienaars raak dikwels van kleinvee ontslae om wild te vestig omdat hulle redeneer dís die diere wat oorspronklik in die Karoo was. “Ou reisigersverslae maak melding van wild hier, maar die wild was nie die hele tyd hier nie. Dis juis die punt: Die wild sou getrek het, maar dis nie moontlik met heinings nie.” (Lees meer by bit.ly/3QfPQcA.)

Azef, die forum vir die ekologie van droë gebiede, bring hulde aan Dean as een van die stigters van dié forum in die mid-1980’s.

Volgens Azef het Richard en Sue Prins Albert toe getrek op soek na ’n plek van homogene plantegroei vanwaar hulle die uitwerking van oorbeweiding deur vee op Karoo-plantegroei kon bestudeer.

Hulle het die Tierberg-langtermyn-ekologienavorsingsperseel 30 km oos van Prins Albert op die been gebring en die meeste van die inligting wat so belangrik vir navorsers se kennis en ekologiese begrip van die Karoo is, versamel.

“ ’n Groot deel van hul navorsing was daarop gemik om Karoo-weiveld te verstaan en ten beste te bestuur en herstel. Hul belangrikste bydrae tot Karoo-ekologie is die boek, The Karoo: Ecological Patterns and Processes, wat hulle saamgestel het.

Dean is as ’n ornitoloog opgelei en het ’n doktorsgraad oor die nomadiese voëls van die Karoo. Sy groot veld van belangstelling het studie van voëls en ongewerwelde diere, insekte en spinnekoppe ingesluit.

Hy en Sue het die grond vir die Wolwekraal-natuurreservaat gekoop om ’n oorblyfsel van die Prins Albert Sukkulente Karoo-veldtipe te bewaar.

Richard het gereeld artikels oor sy waarnemings in die natuur vir The Friend, Prins Albert se dorpskoerant, geskryf.

Een van sy ander belangrikste nalatenskappe is die manier waarop hy en Sue hul kennis gedeel het sodat mense beter vir die omgewing kan sorg. Hy het as studieleier vir verskeie nagraadse studente opgetree en vir jare met die opleiding van SAEON en Saasveld se interns gehelp.

Volgens die Azef-huldeblyk het Richard graag kos gemaak, ou motorfietse herstel, houtmeubels gemaak, geskilder en met hoenders geboer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
-0.0%
Rand - Euro
18.91
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Let's meet for 🍷🍷We will know if there is a connection
I love too make a fire for the braai, open a bottle of red, enjoy lots of laughtterr but can also do the romantic dinner or picnic in the bush. Can go on for ever here but then...
Ek glo ek is n prag mens van binne en buite
Ek is n mens ,mens en al my vriende dink ek is n prag mens, baie lief vir mense. Ek love diep see visvang, kamp, vakansie by die see, Partykeer in Hotelle en saam met my familie...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot