AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Voortdurende plundery van vragmotors lê ekonomie lam

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Die plundering van en gewelddadige aanvalle op vragmotors ondermyn die status van Suid-Afrika as ’n veilige hawe vir belegging en as ’n doeltreffende logistieke spilpunt vir buitelandse handelaars, meen die Padvragvereniging.

Hoewel Suid-Afrika se padvragbedryf, wat 80% van die land se goedere vervoer, reeds lank deurloop onder gewelddadige betogings, aanvalle en plundery, kry die nasionale regering dit nie onder beheer nie, sê mnr. Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvragvereniging. Dit het groot regstreekse en onregstreekse ongunstige impakte op alle vlakke en sfere van die ekonomie en samelewing, insluitend die landbou. Langtermyn-impakte kan momentum kry dat dit nooit gestuit kan word nie. 

Hy sê sy vereniging het keer op keer gevra dat die oppergesag van die reg stewig toegepas word teen die “gewone geweld” en "opportunistiese misdaad" wat sy sektor en die Suid-Afrikaanse samelewing as geheel teister. 

“Eenvoudig gestel, wanneer vragmotors ophou loop, kom Suid-Afrika ook tot stilstand. Die plundering en gewelddadige aanvalle op vragmotors, wat plaasvind wanneer iemand ontsteld is, en die moedswillige vernietiging van vragmotors en goedere, ondermyn die status van Suid-Afrika as ’n veilige hawe vir belegging en as ’n doeltreffende logistieke spilpunt vir buitelandse handelaars.” 

Hy sê wat as voorvalle op een of twee padroetes hier en daar begin het, het die norm geword op alle roetes van Suid-Afrika se hele voorsieningsketting. 

’n Aanval of plundering van ’n enkele padvragvoertuig kan ’n verlies tot R10 miljoen veroorsaak. Dan is daar die verwoestende onmiddellike en deurlopende ekonomiese impak, soos werksverliese, as ’n padvragonderneming nie die finansiële verliese kan oorkom nie. Kleiner padvragondernemings is veral kwesbaar. 

Kelly sê die groter ongunstige impak van hierdie misdadigheid teen padvrag in Suid-Afrika sluit in werksverliese in die logistieke ketting, vrageienaars en vervoermaatskappye wat toenemend kies om in buurlande te werk en stygende koste vir versekering en private sekuriteit. 

“Uiteindelik betaal die verbruiker. Die koste vir die Suid-Afrikaanse ekonomie sal egter die miljarde rande beloop namate sakevertroue van buitelandse beleggers tuimel. Die Padvragvereniging herhaal sy oproep aan pres. Cyril Ramaphosa dat die regering vinnig en beslis moet optree om ’n einde te maak aan die sinlose vernietiging van die padvragsektor,” sê Kelly. 

Die eienaars van twee KwaZulu-Natalse ondernemings wat hul eie en ander landbougoedere per pad vervoer, het op voorwaarde van anonimiteit met Landbouweekblad gepraat.

Een eienaar wie se onderneming in die vervoer van vee spesialiseer, het gesê gereelde padsluitings weens betogings, plundery en swak verkeersbestuur hou ’n ernstige bedreiging in vir die welstand van die diere wat vervoer word. Dit is veral waar vir varke as ’n vragmotor om watter rede ook al meer as ’n uur tot stilstand gedwing word. 

“Almal verwag dan dat ek die koste moet dra van veevrektes, verlies aan gehalte van diere en hul karkasse en vertragings in die waardeketting wat voortspruit uit my vragmotors wat op die pad moet staan. Versekeringsmaatskappye wil nie vir hierdie finansiële verliese betaal nie. As my bestuurders op die een of ander manier alternatiewe roetes kan vind, is hierdie roetes dikwels in ’n swak toestand en veroorsaak dit ekstra slytasie, brandstof en ander koste en tyd. Dit is ’n baie moeilike situasie.” 

Die tweede eienaar, wie se boerdery-onderneming sy eie klein vloot vragmotors het om vee en boerdery-insette te vervoer, het gesê weens gereelde onderbrekings en ondoeltreffendheid met logistiek vanaf hawens tot by die pad buite sy plaas, moet hy as ’n voorsorgmaatreël nou meer veevoer en ander produksie-insette koop en opberg as wat hy voorheen gedoen het. 

“Hierdie ekstra voorraad plaas ’n bykomende las op ons kontantvloei en begroting. Ons moet ook meer geld bestee aan die uitbreiding van ons bestaande infrastruktuur om hierdie ekstra voorraad te hanteer en op te berg. Dit is benewens die baie ander finansiële verliese wat ons ly wanneer paaie gesluit word weens betogings, swak verkeersbestuur, misdaad, vervalle alternatiewe roetes en algehele ondoeltreffendheid in die logistieke kettings waarin ons bedrywig is.” 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot