AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Vooruitsigte vir grane in Suider-Afrika

Die droogte hou belangrike lesse vir Suider-Afrika in, wat gestalte moet vind in meer doelmatige koördinering binne die sub-streek, sê dr. Kobus Laubscher.

Welkome somerreën het nie alleen ’n wurgende droogte in baie dele van die sub-streek gebreek nie, maar belowende vooruitsigte heers vir die herstel van voedselsekerheid en selfs vir invoer-vervanging.

Ongelukkig het dié situasie ’n negatiewe wending geneem met die uitbreek van ’n kommandowurmplaag in Zambië, wat plaag vinnig besig is om oorgrens te versprei na Malawi en Zimbabwe selfs nou in die noorde van Namibië.

Anders as die bekende Afrika-kommandowurm wat van tyd tot tyd oeste verniel, is die nuwe spesie afkomstig uit die Amerikas. Bekende behandelingsprotokolle werk nie en die regte gif moes inderhaas bekom word.

Die Zambiese president het daardie land se lugmag ingespan om die gif vinniger in geaffekteerde gebiede te kry. Zimbabwe boere is skynbaar minder gelukkig omdat die proses om die ander (nuwe) gif te bekom, vertraag word deur burokratiese rompslomp.

SA monitor die situasie

Suid-Afrikaanse owerhede monitor die situasie en is op ’n gereedheidsgrondslag. Die feit is egter dat die plaag baie boere in die genoemde lande ontneem van nodige herstel en in dele waar verwoeste landerye dit moontlik maak, sal kort groeiers geplant word om nog ’n oes te probeer afhaal.

Teen hierdie agtergrond is die Suid-Afrikaanse komende somergraan-oes dus van wesentlike belang. Die Nasionale Oesskattingskomitee se eerste skatting dui op goeie nuus in terme van moontlike binnelandse surplusse. Voorlopige ramings van oppervlaktes dui daarop dat nagenoeg 1,6 miljoen ha onder wit mielies kan kom en net minder as 1 miljoen ha geel mielies. Dit is onderskeidelik 53% en 6,4% meer as verlede jaar.

Die totale aantal hektare onder mielies kan met meer as 30% toeneem, vergeleke met die vorige seisoen. Die aantal hektaar wat vir soja en sonneblom geoormerk is, dui op moontlike struktuurveranderings. Soja kan met amper 8% toeneem teenoor ’n verwagte afname in hektare vir sonneblom van net meer as 7%.

Vrystaat sit 60% meer hektaar onder mielies

In die Vrystaat sal bykans 60% meer hektaar aan mielies toegewys word, teenoor die bykans 31% meer vir die land in die geheel. Vrystaatse mielieboere sal na verwagting bykans 90% meer hektare aan wit mielies toewys as in die vorige seisoen. In die geheel gesien, dui dit daarop dat Suid-Afrika weer ’n beduidende uitvoerder kan word in die oesjaar van 2017.

Die gunstiger verwagtinge sal pryse beïnvloed en goedkoper mielies word voorsien.

Die SAFEX-pryse vir lewering later vanjaar weerspieël dit reeds. Goedkoper pryse vir verbruikers van mielies as stapelvoedsel is uiteraard goeie nuus en die vooruitsigte van uitvoerbare surplusse sal bepaald ook nodige voedelsekerheid bring in die sub-streek.

Verwagte groter opbrengste sal die dalende pryse goedmaak omdat bruto inkomste kan toeneem. Dit is egter ’n ope vraag of voldoende bruto inkomste genereer sal kan word om op te maak vir die verliese van die afgelope seisoene.

Bedryf sal konsolideer

Trouens, na verwagting sal die bedryf in die geheel konsolideer, wat kan beteken dat nuwe investering op die agtergrond geplaas kan word. Die landbou bevind hom tans grootliks in ’n beleid-vakuum met heelwat onsekerhede. Konsolidasie kan dus grootliks afgestem word op regruk en herwaardering van prosesse en om seker te maak optimale benutting van alle hulpbronne is aan die orde.

Die uiteenlopende aard van verwagtinge binne die sub-streek en as dit sou realiseer, sal groter klem plaas of noodsaaklike hersiening van streekhandel om die vloei van produkte te optimaliseer. Inter-afhanklikheid binne die streek is ’n realiteit en die gebrek aan komplementerende beleide sal noodsaaklike herskikking en gevolglike ontwikkeling strem.

Lesse vir almal

Die droogte het belangrike lesse vir almal betrokke gehad, welke ondervinding gestalte moet vind in meer doelmatige koördinering binne die sub-streek.

So byvoorbeeld sal die lewende hawe-sektore in al die lande in die sub-streek noodsaaklike kuddebou-strategieë moet implementeer wat die vraag na en aanbod van slagvee tydelik kan verwring en pryse opstoot. Dié neiging kan die sub-streek die slagoffer maak van storting van veral pluimveeprodukte, welke marke met groot koste teruggewen sal moet word. Hierdie dinamika sal fyn voetwerk vra van die betrokke beleidmakers.

* Dr. Kobus Laubscher is 'n landbou-ekonoom en voormalige hoofbestuurder van Graan Suid-Afrika.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
+0.3%
Rand - Pond
22.30
+0.5%
Rand - Euro
19.63
+0.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.14
+1.8%
Platinum
967.40
+0.8%
Palladium
1,436.35
+1.4%
Goud
1,963.81
-0.5%
Silwer
23.33
+0.0%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na liefde
Ek is eerlike opreg en weet hoe om ' n dame spesiaaal te laat voel. Ek hou ook van buite lewe en avontuurlustig
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot