“In die eerste drie maande van die jaar het die landbousektor kragte saamgesnoer om sy samewerking met Transnet beter te koördineer,” sê me. Casey Delport, beleggingsanalis by Anchor Capital.
“Die samewerking het gehelp om die vloei van inligting oor verskeie probleme en funksies by Suid-Afrikaanse hawens te verbeter. Dit was veral die geval by die Kaapstadhawe waar lang vertragings begin vanjaar ervaar is weens verskeie probleme met infrastruktuur en moeilike weersomstandighede.”
Die wa is egter nog nie deur die drif nie. In die eerste weke van Julie is bedrywighede by Suid-Afrikaanse hawens gekenmerk deur toerusting wat nie beskikbaar was nie, of onklaar geraak het.