AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Vorige redakteur van LBW oorlede

Pienaar Smit, een van Landbouweekblad se vorige redakteurs, is in die ouderdom van 79 oorlede.

Mnr. J. P. (Pienaar) Smit, 'n voormalige redakteur van Landbouweekblad, is in die ouderdom van 79 jaar oorlede.

Smit, wat sy joernalistieke loopbaan in 1954 as verslaggewer by Die Burger begin het en in 1956 op eie versoek na Landbouweekblad oorgeplaas is, het op 1 April 1987 die tydskrif se agtste redakteur geword en dadelik begin om die reeds gerespekteerde publikasie verder uit te bou tot een wat as die norm van Suid-Afrikaanse landboujoernalistiek bestempel is. Dit het 'n tydskrif geword wat tot selfs in parlementêre debatte oor landbousake as betroubare feitebron aanvaar is. As kollega, as mens en as joernalis met 'n stewige skoot sake-aanvoeling is hy alom met agting bejeën.

Hy het die onbenydenswaardige taak gehad om Landbouweekblad in die negentigs ongeskonde deur die storms en onsekerhede van politieke oorgang te stuur. Dit het hy, in die woorde van sy meerderes, gedoen "deur joernalistieke voortreflikheid met fyn beplande redaksionele bestuur te kombineer". En: "Hy eet nie saam met politici en het geen boeties vir wie hy die werf moet skoon hou nie".

In sy redakteurstermyn van meer as 11 jaar het hy talle toekennings ontvang, onder meer – in 1994 – die Phil Weber-prys vir uitnemende joernalistiek – die hoogste eerbewys vir 'n werknemer van die Nasionale Pers.

Voorts was daar, in April 1997, die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Markus Viljoen-medalje vir joernalistieke prestasie, die SA Mielieprodusentevereniging (Nampo, nou SA Graan) en Carnia-saad se meriete-prys "vir diens aan die landbou", en die Witwatersrandse Landbougenootskap se Eregalery-toekenning "vir uitsonderlike diens in die landboujoernalistiek ter bevordering van die landboubedryf". Dit was die eerste keer dat die genootskap 'n landboujoernalis vereer.

Hy was 45 jaar lank by die Nasionale Pers, 43 jaar daarvan by Landbouweekblad. Spoedig ná sy aansluiting by die tydskrif in 1956 is hy na die destydse Transvaalse redaksie, in Pretoria, verplaas. Hy het later ook lank as Oos-Kaaplandse redakteur in Port Elizabeth gedien voordat hy uiteindelik na Kaapstad terugverplaas is waar hy assistent-redakteur was onder sy voorganger, wyle Piet van Niekerk. In sy latere redakteursjare was hy 'n lid van Nasionale Tydskrifte se direksie.

Smit het op 'n tafeldruifplaas in die Hexvallei grootgeword. Sy plaasagtergrond was een rede vir sy uitnemende welslae as landbou-koerantman, want hy kon die boer se taal praat: "... gee die wyn 'n bietjie neus, man!" En hy kon die landbou se eiesoortige probleme en behoeftes so raak verstaan dat hy in sy hoofartikels en as die skerpsinnige kritikus Manie probleme kon voorsien en ontleed, en rigting kon aandui.

Landbouleiers het gereeld by hom kers opgesteek oor beleidsake. Sonder om pal oor hul skouers te loer, kon hy sy personeel motiveer om elke week 'n tydskrif voort te bring wat inligtinggewend, aantreklik en finansieel 'n buitengewoon blink ster tussen die Pers se publikasies was. Hy was behoudend, maar ook 'n voorstander en toepasser van sinvolle vernuwing.

Grondliggend tot sy welslae as joernalis was dat hy 'n nuusneus had soos min, met 'n besondere oog vir 'n treffende foto. En hy was 'n goeie storieverteller. Uit sy pen het selfs avontuurverhale verskyn. Van hulle was vervolgverhale, wat later in boekvorm uitgegee is, en selfs 'n strokiesverhaal in Landbouweekblad. Hy kon die lewe se fynere dinge waardeer. 'n Besondere kenmerk was sy ordelikheid en netheid – as persoon en in sy werk. Sy insette van fyn humor tydens die weeklikse spotprentbeplanning het sprankel aan die proses en aan die finale produk verleen.

Vir diegene wat die pad lank saam met hom gestap het, is van sy boustene 15 jaar ná sy aftrede steeds in Landbouweekblad te sien.

Varswater-hengelvriende uit sy Pretoria-dae sal onthou hoe hy 'n toestel help ontwerp het wat die aas diep water toe kon neem, en sy tennismaats van weleer sal hom onthou as 'n geesdriftige, bekwame en vasberade opponent.

Vasberadenheid was inderdaad 'n karakterkenmerk, een wat mooi weerspieël word deur 'n kostelike storie wat hy graag vertel het: Ses maande ná aanstelling by Landbouweekblad moes hy 'n driemaande-artikeltoer deur die land onderneem met sy verloofde, boerenooi Frances Rall, se trourok stofdig gekoffer in die begasiebak vir hul troue op 8 Desember 1956. Nòg redakteur nòg verslaggewer wou kop gee oor die troudatum. Daar is getrou waar die bruidspaar hulle op daardie dag bevind het, daar is al skrywend gewittebrood en die artikel-oes was 90 – uit en tuis!

Landbouweekblad en personeel groet 'n Grote en betuig hiermee hul meegevoel aan Pienaar se weduwee, sy twee dogters, Maridien en Wilreza, en ander geliefdes. Geliefdes, ja, want hy was ook 'n voorbeeldige gesinsman!

* Geskryf deur André Strydom, ’n voormalige assitent-redakteur van Landbouweekblad, wat saam met Smit in die tuig was.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot