AFGRI
BEAN
29 Sep
-
9347
7,00
CORN
29 Sep
-
4790
13,00
SOYA
29 Sep
-
9420
59,00
SUNS
29 Sep
-
10200
226,00
WEAT
29 Sep
-
7099,4
28,40
WMAZ
29 Sep
-
4885,4
3,40
YMAZ
29 Sep
-
4853,8
25,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

'Vraag, aanbod, wisselkoers bepaal koringprys'

Die daling in die plaaslike koringprys is die gevolg van die rand wat verstewig het terwyl die internasionale koringprys gedaal het, sê mnr. Nico Hawkins, 'n senior ekonoom van Graan Suid-Afrika (GSA).

Hy het deelgeneem aan 'n spesiale inligtingsvergadering van GSA Streek 26 (Swartland) op Moorreesburg, waar verskeie kwessies in die koringbedryf, soos die onbestendigheid in koringpryse, koringinvoer en die invoertarief op koring bespreek is. Wat die koringprys betref, voel boere dat die Safex-prys vir koring, soos in die sakenuus op televisie gewys is, die publiek mislei omdat dít nie die prys is wat boere in die Wes-Kaap werklik ontvang nie. Daar is ook 'n gevoel dat Safex die rede is waarom die koringprys onbestendig is. Mnr. Hawkins sê egter die Safex-prys word afgelei van die prys vir harde rooi winterkoring op die Kansas City Board of Trade in Amerika. Die prys op daardie mark het sedert middel September met meer as 16 % gedaal. Terselfdertyd het die rand aansienlik verstewig, met die gevolg dat die plaaslike prys 27,28 % laer is. Hy sê die gaping tussen die internasionale prys en die Safex-prys is nou aansienlik laer as in September, wat daarop neerkom dat die plaaslike prys inderwaarheid minder verswak het as die internasionale prys. Mnr. Jaco Grobler, van die makelaarsfirma Commodity Trading House, raam dat 315 000 ton koring teen einde Desember ingevoer sal wees en dat die totale invoer vir die jaar sowat 550 000 ton sal beloop. Mnr. Bully Botma, voorsitter van Graan Suid-Afrika, sê dié hoeveelheid is omtrent gelykstaande aan die plaaslike tekort. Waaroor boere eintlik die josie in is, is dat meulenaars nóú koring invoer. Die meulenaars doen dit terwyl die plaaslike oes in silo's lê en nie doeltreffend versprei kan word nie omdat treine gebruik word om ingevoerde koring van hawens af na die binneland te vervoer. Hulle voel meulenaars se optrede is kwaadwillig. Mnr. Botma sê dit pas GSA natuurlik glad nie dat koring ingevoer word nie, maar daar is bitter min wat GSA daaraan kan doen, behalwe om met die meulenaars te praat. Oor die gehalte van koring wat van Oos-Europese lande af ingevoer word, sê hy daar is probleme. Ál manier hoe dié invoere egter gestop kan word, is as bewys kan word dat die koring 'n gesondheidsgevaar vir mense inhou. 20 Desember 2002
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.96
-0.7%
Rand - Pond
19.94
-2.6%
Rand - Euro
17.60
-1.3%
Rand - Aus dollar
11.66
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,659.71
-0.0%
Silwer
18.82
-0.4%
Palladium
2,201.50
+2.4%
Platinum
868.00
+0.2%
Brent-ruolie
89.32
+3.4%
Top-40
56,921
-0.9%
Alle aandele
63,264
-0.9%
Hulpbronne 10
59,793
+3.2%
Industriële 25
76,769
-2.3%
Finansiële 15
13,707
-2.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot