AFGRI
BEAN
30 Jan
-
9724,8
70,80
CORN
30 Jan
-
4600
8,00
SOYA
30 Jan
-
9400
-135,00
SUNS
30 Jan
-
9951
-269,00
WEAT
30 Jan
-
6782
73,00
WMAZ
30 Jan
-
4355
-63,00
YMAZ
30 Jan
-
4484,6
-49,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
20 Jan
-
170,89
-2,92
Ave Wool - RWS
20 Jan
-
181,89
-7,19
Beeste A2/3
20 Jan
-
58,72
2,37
Beeste AB2/3
20 Jan
-
58,36
3,52
Beeste B2/3
20 Jan
-
56,86
4,26
Beeste C2/3
20 Jan
-
52,54
0,65
Bevrore Hoender
20 Jan
-
31,75
-2,38
Bokkies (onder 30 kg)
20 Jan
-
63,65
-0,77
Bokooie
20 Jan
-
40,24
-2,32
Groot (meer as 40 kg)
20 Jan
-
41,1
-3,43
Hoender (IQF)
20 Jan
-
32,82
0,66
Medium (30-40kg)
20 Jan
-
56,66
1,18
Pork Average
20 Jan
-
37,05
0,71
Poultry Average
20 Jan
-
32,38
-0,99
Skaap A2/3
20 Jan
-
87,14
3,08
Skaap AB2/3
20 Jan
-
80,78
-2,47
Skaap B2/3
20 Jan
-
70,13
0,82
Skaap C2/3
20 Jan
-
65,78
1,26
Speenkalf
20 Jan
-
36,84
0,12
Spekvarke
20 Jan
-
38,49
1,90
Stoorlammers
20 Jan
-
38,71
0,25
Varkwors
20 Jan
-
29,77
0,61
Vars Hoender
20 Jan
-
32,57
-1,26
Vleisvarke
20 Jan
-
36,9
0,60

Vrae oor kommandowurm beantwoord

Het jy vrae oor die gevreesde herfs-kommandowurm? Kry hier antwoorde!

Talle mense in die landboubedryf is besorg oor die impak wat die uitbreking van herfs-kommandowurm op die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê.

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom by FNB AgriBesigheid, meen Suid-Afrika is in ’n goeie posisie om dié plaag te bestry. Hy het in ’n verklaring van FNB verskeie vrae rondom die probleem beantwoord.

In watter provinsies is die wurm teenwoordig en watter gewasse word geaffekteer?

Die voorkoms van herfs-kommandowurms in Limpopo en Noordwes is bevestig. Mielies is in gevaar, maar die wurms kan ook tamaties en aartappels aanval. Die plaag sal moontlik nie uitsluitlik slegs dié gewasse aanval nie.

Het die plaag ’n invloed op Suid-Afrika se uitvoer?

Die plaag beweeg deur die lug, dit hoef nie deur middel van oesprodukte op ’n land te kom nie. Dus sal uitvoerbeperkings nie doeltreffend wees nie. Die plaag het van Suid- en Noord-Amerika na Noord-Afrika gereis en uiteindelik tot in Suider-Afrika versprei.

Wat word gedoen om die verspreiding van die wurms te voorkom?

Die Departement van Landbou, Bosbou en Vissery het die Suid-Afrikaanse noodplantplaagreaksieplan in werking gestel en is besig met die registrasie van ’n spuitmiddel, die monitering van die plaag se vordering en die verspreiding van tegniese inligting oor bestrydingsopsies.

Hoe sal die plaag mieliereserwes beïnvloed?

As dié uitbreking nie bekamp word nie, kan dit mielieproduksie benadeel. Gelukkig is amper 80% van Suid-Afrika se produksie Bt-mielies, wat nie vatbaar vir die plaag is nie. Die groot mielieproduksiegebiede in Suid-Afrika is steeds betreklik plaagvry.

Sal dit ’n impak op die mielieprys hê?

Dit is te vroeg om te bespiegel oor die impak van die wurms op die mielieprys en breër markfaktore. Dit kan egter blitsig verander omdat die plaag so vinnig kan versprei.

Wat moet boere doen om die impak van die wurms te beperk?

Wees baie bedag op die gevare. Kyk uit vir die wurms en lig die departement in as jy die plaag op jou plaas opmerk. Die departement kan dan tegniese inligting en hulp verskaf.

Wat is die groter gevolge van die plaag, gegewe dat Suid-Afrika pas uit ’n knellende droogte kom?

Daar is ’n onmiddellike koste vir boere weens die koste van spuitmiddels. Boere wat ’n tweede oes verloor (ná verlede jaar se droogte) sal moontlik diep in die skuld wees; dit kan hulle jare kos om te herstel.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Hou van kamp
Gemaklik met vriendelike geaardheid. Goeie waardes heg baie waarde aan eerlikheid. Natuur en kamp is van my voorkeure. Gesond en sportief. Bok vir sport
Kom dans in die reen saam my
Eks passievol. lewens lustig. never a dull moment. ek bring die son saam waar ek gaan. hou van die simpel lewe . maar met baie liefde in
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot