AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vrae oor oorsprong van NK-brande

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Veldbrande het Kimberley die afgelope dae omring. Dit is nou onder beheer, maar weens sterk wind is daar steeds groot brandgevaar. Foto verskaf deur VF+
Veldbrande het Kimberley die afgelope dae omring. Dit is nou onder beheer, maar weens sterk wind is daar steeds groot brandgevaar. Foto verskaf deur VF+
Wat is die rede agter die verwoestende brande in die Noord-Kaap?

Is die verwoestende Noord-Kaapse brande gestig in ’n poging om mense van hul grond te verdryf? Dít is die vraag wat dr. Wynand Boshoff, die VF+ se leier in die Noord-Kaap, vra.

Hy sê in ’n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, grondbesit is ’n plofbare saak in vandag se politieke konteks. Hoewel die landbougemeenskap en selfs ander mense wat glad nie boer nie, goed georganiseerd is, is dit onmoontlik om die duisende kilometer veld wat aan paaie grens, te bewaak. Misdadigers weet dit.

Die party vra die polisie om ’n deurtastende ondersoek oor die oorsake van onlangse brande te doen met die hulp van die georganiseerde landbou en ander organisasies wat grondeienaars met veiligheidsake help.

Hy vra die polisie om “alle beskikbare bronne” te gebruik om oorsake vas te stel, insluitend informante en beeldmateriaal van veiligheidskameras.

Charné Kemp het vroeër berig grondeienaars langs die R31-roete tussen Kuruman en Daniëlskuil het reeds klagte van brandstigting by die polisie ingedien nadat natuurlike oorsake uitgesluit is vir vier brande ’n paar weke gelede.

Oor die oorsprong van die afgelope dae se brande wat Kimberley aan drie kante omring het, sê mnr. Nicol Jansen, voorsitter van Agri Noord-Kaap, hulle is baie seker dat daar nie ’n natuurlike oorsaak was nie. “Hier was nie onweer of weerlig nie. Selfs ’n glasbottel wat teenaan ’n pad lê, kan nie gelyktydig twee brande veroorsaak nie.” Hy glo nalatigheid of kwaadwilligheid kan ’n oorsaak wees.

Hy moedig grondeienaars aan om sake van brandstigting by die polisie aan te meld sodat dit ondersoek kan word. Indien dit kwaadwillig gestig is, kan vervolging dien as afskrikmiddel.

Vanweë die goeie reën van die vorige somer groei die gras in dele van die Noord-Kaap ruier as gewoonlik. Die noorde van die provinsie gaan oor die afgelope weke onder ernstige en wydverspreide brande gebuk. Jansen sê tot 100 000 ha veld het reeds afgebrand.

Die brande by Kimberley is nou onder beheer en boere kan die skade begin bepaal. Vee- en wildverliese is reeds aangemeld. “Die Noord-Kaap ken nie brande van sulke omvang nie. Dis werklik buite die norm vir ons provinsie en ’n mens is net jammer vir die mense wat soveel verlies gely het.”

Die N12- en N8-hoofroete moes weens die afgelope dae se brande by tye gesluit word. In vorige weke het net sulke ernstige brande in ander, meer yl bevolkte dele van die provinsie gewoed. Die sogenoemde Ghaapse Berg het vanaf Koopmansfontein by Daniëlskuil tot naby Kuruman gebrand.

“In ander dele van Suid-Afrika klink hierdie name net na romantiese plekke in ’n afgeleë deel van die land, maar vir die mense wat daar woon, is dit hul enigste tuiste. Indien dit nie binnekort reën nie, kan een ramp tot ’n volgende een lei,” sê Boshoff.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
Hierdie suikerbosie Wil saam jou Onder sterre en maanlig wees
My hart is opreg en ook net opsoek Na my Boer my baby Ek het waardes en my grootste trots is dat God my God is s
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot