AFGRI
BEAN
07 Feb
-
9885
16,00
CORN
07 Feb
-
4639
28,00
SOYA
07 Feb
-
8750
-38,00
SUNS
07 Feb
-
10130
-10,00
WEAT
07 Feb
-
6814
47,00
WMAZ
07 Feb
-
4289
-22,00
YMAZ
07 Feb
-
4425
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Vroeë Kersgeskenke met titelaktes vir Parys-inwoners

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Die Vaalrivier naby Parys. Foto: Magda du Toit
Ter illustrasie. Die Vaalrivier naby Parys. Foto: Magda du Toit
Drie gesinne van Parys in die Vrystaat het vroeë Kersgeskenke gekry toe titelaktes vir hul munisipale huise deur middel van die Khaya Lam-projek aan hulle oorhandig is.

Drie gesinne van die woonbuurt Tumahole buite Parys in die Vrystaat het vroeë Kersgeskenke gekry toe titelaktes vir hul munisipale huise deur middel van die Vryemarkstigting (VMS) se Khaya Lam-projek aan hulle oorhandig is.

Dié projek is in 2013 deur ’n Vrystaatse boer, mnr. Perry Feldman, begin toe hy gesorg het dat 84 gesinne titelaktes vir hul huise gekry het in die munisipale gebied van Ngwathe, waar hy geboer het. Dit het daartoe gelei dat 6 268 huisbewoners landwyd reeds amptelik die eienaars van hul huise is. Deur die Khaya Lam-projek word skenkings gekry om die oordragkoste vir die titelaktes te betaal. Duisende registrasie-aansoeke word nog verwerk.

Die afsterwe van Feldman in Mei 2021 aan covid-19-verwante komplikasies is ’n reuseverlies vir die projek, maar die VMS gaan voort daarmee.

Me. Ellen Dunywa (44), ’n verpleegster, en haar man, William (49), ’n polisieman, het 25 jaar nadat hulle ’n huis in Tumahole gebou het, nou die volle eienaarskap daarvan. “Uiteindelik kan ek ’n byvoordeel soos ’n behuisingsubisidie benut – iets wat ek voorheen nie kon doen nie. Ek is Khaya Lam baie dank verskuldig,” sê sy.    

khaya lam
Me. Ellen Dunywa, ’n verpleegster, en haar man, William, ’n polisieman, het 25 jaar nadat hulle ’n huis in Tumahole gebou het, nou die volle eienaarskap daarvan. Hier staan hulle saam met hulle kinders voor die huis. Foto: Deon TerBlanche

Me. Daphne Bala (40) is ’n enkelma met twee seuns wat in 2011 ’n erf in die woonbuurt ontvang het. Sy het oor ’n tydperk van twee jaar vir haar ’n huis gebou en in 2019 met ’n proses begin om volle eienaarskap te bekom. Met Khaya Lam (wat “my huis” beteken) het sy dit nou uiteindelik reggekry.

Vir mnr. Tshepo Tlake was sy titelakte die einde van ’n lang proses wat sy ma kort ná die demokratiese verkiesing in 1994 begin het. Sy het oor jare ’n gesinshuis gebou. Nadat sy in 2009 oorlede is, het Tlake en sy gesin in die huis ingetrek en die proses begin om eienaarskap te kry. Dit was tevergeefs, todat die VMS betrokke geraak het.

Mnr. Temba Nolutshungu, direkteur van die VMS, sê sowat 5 miljoen gesinne landwyd woon in huise wat aan die munisipaliteite behoort. “Ons wil al hierdie mense bemagtig met titelaktes. Werklike eienaarskap bied aan die bewoners sekuriteit, waardigheid en ekonomiese vryheid met die werklikheid van ’n beter heenkome.”

Die titelaktes omskep dooie kapitaal in bruikbare kapitaal wat vir die huiseienaar ’n opbrengs van 2 000% lewer op die geld wat ’n borg geskenk het om die titelakte te registreer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.58
+0.4%
Rand - Pond
21.18
+0.3%
Rand - Euro
18.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.21
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
972.03
-0.2%
Palladium
1,648.06
+3.1%
Goud
1,869.04
+0.1%
Silwer
22.13
-0.6%
Brent-ruolie
80.99
+1.3%
Top-40
73,434
-0.1%
Alle aandele
79,534
-0.1%
Hulpbronne 10
74,594
+0.7%
Industriële 25
102,656
-0.5%
Finansiële 15
16,333
-0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Plat op aarde boeremeisie opsoek na liefde
Ek het 'n hart van goud, mal oor diere, het' n liefde vir kinders, hou van kosmaak, bak, visvang, naweke weg ens.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot