AFGRI
BEAN
19 Okt
-
6900
-20,00
CORN
19 Okt
-
3070
-15,00
SOYA
19 Okt
-
7155
-50,00
SUNS
19 Okt
-
10600
-3,00
WEAT
19 Okt
-
5729,8
-12,20
WMAZ
19 Okt
-
3185
-15,00
YMAZ
19 Okt
-
3343,2
-12,80
AMT
Beeste A2/3
15 Okt
-
52,8
-0,02
Beeste AB2/3
15 Okt
-
51,31
-0,01
Beeste B2/3
15 Okt
-
48,96
-0,01
Beeste C2/3
15 Okt
-
45,22
-0,01
Bevrore Hoender
15 Okt
-
29,38
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
15 Okt
-
70,93
-0,02
Bokooie
15 Okt
-
48,66
-0,06
Groot (meer as 40 kg)
15 Okt
-
45,81
-0,06
Hoender (IQF)
15 Okt
-
27,14
-0,01
Medium (30-40kg)
15 Okt
-
54,22
0,00
Skaap A2/3
15 Okt
-
83,02
0,03
Skaap AB2/3
15 Okt
-
76,42
0,01
Skaap B2/3
15 Okt
-
70,77
0,02
Skaap C2/3
15 Okt
-
66,17
0,04
Speenkalf
15 Okt
-
39,71
-0,04
Spekvarke
15 Okt
-
26,67
-0,01
Stoorlammers
15 Okt
-
44,17
0,02
Varkwors
15 Okt
-
22,08
-0,01
Vars Hoender
15 Okt
-
31,07
0,00
Vleisvarke
15 Okt
-
28,47
-0,01
Wol (skoon)
15 Okt
-
163,22
0,00

Vrou op plaas aangeval vir sigarette

akkreditasie
Me. Berdine Vos. Foto: Willem van der Berg
Me. Berdine Vos. Foto: Willem van der Berg
’n Vrou is Maandagmiddag op haar plaas naby Van Wyksvlei in die Karoo deur twee jong mans aangerand wat klaarblyklik net na sigarette gesoek het.

Me. Berdine Vos, wat sedert haar man se dood aan die begin van 2018 alleen op die plaas Smouskolk bly, vertel sy het laatmiddag op haar stoep gesit toe die twee mans van agter haar huis verskyn.

“Die een het twee klippe by hom gehad en die ander een ’n klip in die een hand en ’n mes in die ander. Hulle is sommer nog kinders, so 18 jaar oud en het dadelik gesê hulle soek entjies, sigarette, jy weet. Ek het besef ek moet baie kalm bly en sorg dat ek in beheer is van die situasie. Ek het mooi met hulle gepraat, hulle my ‘seuns’ en ‘skatjies’ genoem. En gesê ek verstaan, ekself is ’n roker en ek weet hoe almal sukkel om sigarette in die hande te kry. Op Van Wyksvlei is daar regtig niks.”

Ten spyte van Vos se rustigheid het een van die mans haar steeds met ’n klip teen die kop geslaan.“Ek kon voel hoe die bloed begin loop en het dit met my hare toegehou, want ek was bang as hulle dit sien, dink hulle hulle het beheer oor my. Toe ek sê, ‘Nou hoekom doen julle dit aan my, ek kon julle ouma gewees het’, kon ek sien die wind is uit hul seile.”

Vos en die twee aanvallers is in haar huis in waar sy lank en rustig met hulle gepraat het. Sy het die twee pakkies sigarette wat sy in haar handsak gehad het aan hulle gegee.“Toe sien hulle my beursie en wou geld ook hê. Ek het dit vir hulle gegee. Maar toe hulle sê hulle wil my bakkie vat, het ek gesê dit het ’n opsporingstoestel in en dit gaan maak dat hulle in groot moeilikheid kom.”

Omstreeks 19:00 is die twee mans weer te voet weg met Vos se selfoon, sigarette, geld, messe en haar bakkie se sleutels. Sy kon dus niemand kontak of self iewers heen ry nie.

Later die aand het die twee mans ook by ’n huis in Van Wyksvlei probeer inbreek waar die polisie hulle toe vasgetrek en Vos se selfoon gevind het. Die polisie en lede van die gemeenskap het vroeg die oggend by Vos opgedaag.

“Ek is regtig oukei en behalwe vir die hou teen my kop was die ouens eintlik baie ordentlik. Glads vreeslik om verskoning gevra voor hulle weg is by my. Maar dit is verskriklik dat mense nou al vir sigarette ander mense se lewens bedreig. Wat de hel is aan die gang?” 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.68
+0.9%
Rand - Pond
20.18
+0.5%
Rand - Euro
17.06
+0.6%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,779.86
+0.9%
Silwer
23.67
+2.1%
Palladium
2,072.12
+2.8%
Platinum
1,058.07
+1.8%
Brent-ruolie
84.33
-0.6%
Top-40
60,221
+0.2%
Alle aandele
66,792
+0.2%
Hulpbronne 10
63,626
+0.3%
Industriële 25
84,496
+0.3%
Finansiële 15
14,073
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Capricorn soek n bokkie wie naby my wil wei.
My soort is skaars. Baie reguit eerlik soms vol dark humor, netjies , leier, sterk persoon en selfvertroue. Inteligent en ervare in die lewe. Enkel ouer, braai kamp kamp en...
Mens is nie gemaak om alleen oud te word nie.
'n Baie oop en eerlike, spontane mens niks fout met my humorsin . Liewe Jesus is beslis n groot deel van my lewe. My eie Kinders is groot en op hul eie. Ek het wel twee...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot