AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vroueboer wil armoede uitroei

Vroue wat heeldag met opgerolde moue op trekkers die landerye bewerk, terwyl hul mans na die hoenders op die werf omsien en aandete voorberei, is 'n gesig wat 'n mens ál meer op Suid-Afrikaanse plase gaan begroet. Dít is nou as mev. Abigail Maqoma, vanjaar se Vroueboer van die Jaar, se voorspellings waar word.

Dié dinamiese sitrusboer van die Oos-Kaap, wat in die Hall of Treasures by Sun City die Vroueboer-kroon voor talle ander veelbelowende deelnemers weggeraap het, sê wat die landbou betref, is hierdie die era van die vrou. Sy sê hoewel sy met sitrus boer, is "sit" en "rus" die laaste ding wat sy nou gaan doen. Soos haar voorganger, wil sy nie net die kroon wen en daarna in die vergetelheid verdwyn nie.

"Die groot taak om werk te skep en kos vir die gemeenskap te produseer, lê nou vir ons vroue voor. Ons moet swoeg en sweet om nie net die armoede onder ons mense te verlig nie, maar dit met wortel en tak uit te roei," het sy gesê.

Mev. Maqoma het haar oorlede man bedank dat hy haar aan die landbou bekend gestel het ná sy aanvanklik onseker was watter loopbaan om te volg. Sy het haar loopbaan as onderwyser vir dié van 'n verpleegster verruil, maar was steeds nie gelukkig nie. Dit is eers toe sy begin boer het, dat sy ware lewensgeluk ervaar het, sê sy.

Benewens dié gesogte kroon, waarvoor daar geen prysgeld is nie, steek mev. Maqoma R50 000 in die sak as wenner in die kategorie vir uitvoermarkte. Die ander kategoriewenners is me. Nancy Rakotoa van Noordwes (nasionale markte) wat R30 000 ontvang het; die Masibambisane-gemeenskapstuin in KwaZulu-Natal (plaaslike markte) wat met R10 000 weggestap het; en die Sukkel-en-Bystaan-tuinbouprojek in die Noord-Kaap (huishoudelike voedselsekerheid) wat met landbouwerktuie beloon is.

Me. Thoko Didiza, Minister van Landbou en Grondsake, mnr. Ajit Singh, Indiese minister van landbou, en me. Edna Molewa, LUR vir landbou in Noordwes, was van die uitgelese gaste wat die funksie bygewoon het.

Me. Didiza het gesê die Departement van Landbou en Grondsake bied jaarliks dié kompetisie aan om erkenning te gee aan plattelandse vroue vir hul bydrae tot voedselsekerheid en die ekonomiese groei van die land. In vanjaar se kompetisie het die klem geval op die ontwikkeling van entrepreneurskap, werkskepping en die doeltreffende bestuur van landboubronne.

Mnr. Zola Pinda, assistent-direkteur van die departement, sê die kompetisie, wat vanjaar die vierde keer aangebied word, is 'n puik voorbeeld van die goeie samewerking tussen die openbare en private sektor.

"Die toekennings is vanjaar in Noordwes gedoen omdat dié provinsie se vroue bekend is vir die welslae wat hulle met die model vir dorpsbanke behaal het. Hopelik sal dit vroue in ander provinsies aanspoor om ook dié geslaagde model te gebruik," sê hy.

1 November 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot