AFGRI
BEAN
06 Feb
-
9862,8
194,80
CORN
06 Feb
-
4613
113,00
SOYA
06 Feb
-
9410
130,00
SUNS
06 Feb
-
11080
-15,00
WEAT
06 Feb
-
6761
60,00
WMAZ
06 Feb
-
4368
68,00
YMAZ
06 Feb
-
4444
54,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
27 Jan
-
173,81
-3,89
Ave Wool - RWS
27 Jan
-
189,08
-2,38
Beeste A2/3
27 Jan
-
56,35
-0,03
Beeste AB2/3
27 Jan
-
54,84
0,37
Beeste B2/3
27 Jan
-
52,6
0,97
Beeste C2/3
27 Jan
-
51,89
2,33
Bevrore Hoender
27 Jan
-
34,13
0,07
Bokkies (onder 30 kg)
27 Jan
-
64,42
3,65
Bokooie
27 Jan
-
42,56
5,65
Groot (meer as 40 kg)
27 Jan
-
44,53
13,49
Hoender (IQF)
27 Jan
-
32,16
0,07
Medium (30-40kg)
27 Jan
-
55,48
8,33
Pork Average
27 Jan
-
36,34
0,63
Poultry Average
27 Jan
-
33,37
0,02
Skaap A2/3
27 Jan
-
84,06
-1,32
Skaap AB2/3
27 Jan
-
83,25
7,84
Skaap B2/3
27 Jan
-
69,31
3,51
Skaap C2/3
27 Jan
-
64,52
-3,23
Speenkalf
27 Jan
-
36,72
1,00
Spekvarke
27 Jan
-
36,59
-0,22
Stoorlammers
27 Jan
-
38,46
-0,54
Varkwors
27 Jan
-
29,16
0,28
Vars Hoender
27 Jan
-
33,83
-0,09
Vleisvarke
27 Jan
-
36,3
0,71

Vrugteboere dink drasties nuut oor water

Ceres-boere se nuwe waterwysheid laat hulle toe om die hele seisoen lank te besproei.

Die waterbesparende praktyke wat vrugteboere in die Ceres-omgewing sedert verlede jaar toepas, lewer dividende op, want ondanks die nypende watertekorte, behoort hulle die huidige oes steeds voldoende te kan besproei.

Volgens mnr. Calla du Toit, ’n vrugteboer van die Witzenbergvallei, het die winter vinnig geëindig en het hulle nie juis sneeu gekry nie.  “Hier was ’n paar goeie buie, maar ons lê onder ons langtermyngemiddelde reënval.” Die Wes-Kaap se damme was teen einde Januarie minder as 38% vol.

Hy sê boere in die omgewing se filosofie oor water het heeltemal verander. “As jy eers nie water het nie, maak jy vinnig ’n plan. Ons het ’n klomp nuwe goed gedoen en dink nou heeltemal anders oor water. Dit maak ons baie meer doeltreffend.”

Kan meer doen met beskikbare water

’n Kombinasie van praktyke help die vrugteboere om meer te doen met die beskikbare water. “Ons kyk na gronde wat water beter vashou en kultivars wat nie so ’n lang groeiseisoen vereis nie. Ons het ons hooflyne verander sodat ons meer op gravitasie kan staatmaak, wat help krag bespaar en ons probeer in die nag besproei, wanneer die verdamping minder is,” sê Du Toit.

Grondvogmeters en –bore word ingespan om grondvog te meet en satellietgebaseerde tegnologie, soos Fruitlook, help om droë kolle te identifiseer.

“Besproeiing is meer wetenskaplik as ooit tevore en ons het meer moeite gedoen om te meet voor en ná gewasse natgelei word,” sê mnr. De Kock Hamman, Ceres Fruit Grower se tegniese adviseur.

Afloop van water beperk

Sprinkelbesproeiingstelsels moes ook plek maak vir ’n meer doeltreffende mikrostelsel uit Israel wat gewoonlik in kweekhuise ingespan word. Dit beperk waterafloop. Du Toit sê dit gee ’n besparing van 2000 tot 3000 m3/ha.

Gronde se houvermoë word gereeld getoets en besproeiing word aangepas volgens die grondtipes. Dit het ook ’n groot verskil gemaak om uitheemse indringerspesies te verwyder en die areas rondom bome te bedek (mulch) om die vog vas te vang en te keer dat die grond te warm word.

“Ons het boordbestuurspraktyke verbeter en ons maak staat op beter inligting van die weerstasie sodat ons kan besproei met so min as moontlik vermorsing,” sê Hamman.

Kultivars fyn gekies

Mnr. Roelf Pienaar, besturende direkteur van Tru-Cape, wat Ceres Fruit Growers en Two-A-Day se vrugte bemark, sê boere het ook mooi gaan nadink oor hul aanbod van vroeë en latere appel- en peerkultivars. Die laat kultivars moet langer besproei word in die somer.

“Ons produsente beplan hul gewasse beter sodat hulle die beskikbaarheid van vrugte regdeur die jaar kan balanseer met die hoeveelheid water wat hulle nodig het om vir langer tydperke te besproei.”

* Lees ook: Van kondome tot kaolien teen droogte

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.65
-1.0%
Rand - Pond
21.23
-0.9%
Rand - Euro
18.94
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.15
-0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
970.22
-0.4%
Palladium
1,602.19
-1.8%
Goud
1,866.74
-0.2%
Silwer
22.24
-0.5%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
73,489
-0.8%
Alle aandele
79,583
-0.8%
Hulpbronne 10
74,088
-1.5%
Industriële 25
103,121
-0.3%
Finansiële 15
16,377
-1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil saam stap swem klim toer. Ek lewe onder die sterre, kamp voltyds, gereed om die pad te vat..
Eks positive intresant. goeie geselskap. hou van reen en sonskyn. werk hard . speel lekker. slaap in. kamp altyd. vuur en dans. net fun.
Aktiewe leefstyl en rustige persoonlikheid
Posiewe en vriendelike persoonlikheid Geniet mense en is baie sosiaal Diere liefhebber Aktiewe leefstyl, gym tenminste 4 tot 5 keer n week Baie gelukkig in my werk Geniet die...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot