Sowat 20 000 ha weiveld in die Vryburg-dsitrik het afgebrand en sommige boere het alles in dié brande verloor.
‘n Pleidooi om onmiddellike steun is aan mede-boere gerig nadat 20 000 ha weiveld in die Vryburg-distrik afgebrand het.
Mnr. Leon Bellinghan, voorsitter van die Vryburg Boerevereniging, sê daar is boere wat alles in die brand verloor het. “Elke jaar met die Agri Noordwes se kongres brand die helfte van Vryburg af,” het hy gesê.
Een van die boere, mnr. Hein Muller, het brandwonde opgedoen en ‘n bakkie en ‘n melkstal in die brand verloor.
Boere en landboubesighede het verlede jaar onder dieselfde omstandighede wyd hulp aangebied. Buiten die talle voerskenkings het baie boere vragmotors aangebied en Suidwes Landbou het met ‘n dieselskenking steun gebied.
Bellinghan kan gekontak word by 082 945 2640 of vryburg@suidwes.co.za
Lees ook oor verwoestende veldbrande in die Vrystaat.
8 September 2010