AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
5067,6
107,60
YMAZ
06 Okt
-
4958
84,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vrye mark beste oplossing vir voedselpryse

'n Ingryping wat die vrye mark ondermyn, kan op kort termyn verligting teen hoë voedselpryse bring, maar sal op die lange duur ernstige nadelige gevolge hê.

Dié waarskuwing het uit talle oorde gekom nadat voedselprysinflasie op 'n kabinetsvergadering bespreek is en die Regering bekend gemaak het dat na maniere gesoek word om dit te bekamp. Die Regering het bevestig dat prysbeheer nie oorweeg word nie.

Die Landboubesigheidskamer (LBK) het gesê die hoë voedselpryse moet dringend, maar binne die konteks van die strategiese plan vir die landbou, gehanteer word. Maatreëls buite die raamwerk van die plan kan 'n einde aan die ideaal van 'n "lewenskragtige en deelnemende landbousektor" maak.

Mnr. Chris du Toit, voorsitter van die LBK, het gesê prysvaspenning is nie 'n oplossing nie. Die las van armoediges, kan eerder verlig word deur regstreekse hulpmaatreëls soos skoolvoedselprogramme, voedselkoepons aan arm gesinne, die afskaffing van BTW op alle voedselgroepe, aktiewe steun vir kleinboerontwikkeling en navorsing om mededingende landbouproduksie te stimuleer.

"Die lae waarde van die rand maak 'n voedselstrategie, gegrond op goedkoop invoer, ook nie volhoubaar nie. Groter prysstygings kan dan verwag word omdat wêreldvoorrade van graan in die afsienbare toekoms kritiek laag gaan wees."

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende direkteur van die Nasionale Meulenaarskamer, sê gegewe die stygende internasionale pryse van koring en mielies, behoort daar geen invoertariewe meer teen einde Oktober te wees nie.

In 'n poging om koste laer te hou, is koring uit ongewone bronne soos Pole en Oekraiene aangekoop, wat in die meeste gevalle goedkoper as plaaslike koring is. Hy sê die feit dat die verbruikersprysindeks vir gemaalde graan teen 20,9 % nog 30 % onder die produksieprysindeks is, is 'n aanduiding dat die volle impak van prysverhogings nog nie deur verbruikers gevoel word nie.

Graan SA sê in 'n persverklaring aanpassings in die vlakke van invoertariewe behoort teoreties geen betekenisvolle invloed op die prys van ingevoerde of plaaslike produkte te hê nie. 'n Vertraging om tariewe te verlaag het op kort termyn 'n ongunstige invloed op die prys van ingevoerde mielies en koring. Daarom pleit Graan SA vir outomatiese implementering van hersiene tariewe wanneer sekere prysvlakke bereik word.

Die lae waarde van die rand en voedseltekorte in Suider-Afrika word as die belangrikste redes vir die hoë voedselpryse aangevoer. Die Regering word gevra om dringend sy eie bevindinge ná 'n ondersoek bekend te maak.

4 Oktober 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.83
-0.3%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
17.60
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.3%
Goud
1,716.84
+0.0%
Silwer
20.59
-0.2%
Palladium
2,304.50
+2.1%
Platinum
928.00
+0.6%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,532
+0.6%
Alle aandele
65,979
+0.6%
Hulpbronne 10
63,155
-0.8%
Industriële 25
80,299
+1.3%
Finansiële 15
14,079
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot