AFGRI
BEAN
03 Okt
-
9080
-304,00
CORN
03 Okt
-
4881
84,00
SOYA
03 Okt
-
9369,8
-117,20
SUNS
03 Okt
-
10190
-62,00
WEAT
03 Okt
-
7199
84,00
WMAZ
03 Okt
-
4987
59,00
YMAZ
03 Okt
-
4926,2
38,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vrystaat Landbou wil ingryp oor paaie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Boere en plaaswerkers het vroeër die jaar slaggate op die R505 herstel. Foto: Verskag deur Vrystaat Landbou
Boere en plaaswerkers het vroeër die jaar slaggate op die R505 herstel. Foto: Verskag deur Vrystaat Landbou
“Selfdoen is beter as niksdoen” word nou die leuse van Vrystaatse boere oor hul swak paaie.

Ná ’n “teleurstellende” vergadering met die top- politieke struktuur in die Vrystaat oor die paaiekrisis glo Vrystaat Landbou (VL) dat hy self aktief sal moet ingryp as hy probleme met paaie wil oorkom.

“Ter wille van oorlewing en ter wille van ons kinders word ons gedwing om nog ’n staatsverantwoordelikheid oor te neem,” sê mnr. Friedl von Maltitz, ondervoorsitter van VL. Hy sê VL sukkel reeds sedert Januarie om ’n vergadering met die provinsie se premier te belê om die paaiekrisis te bespreek. “Die vloede en bogemiddelde reënval wat Januarie en Februarie oor die hele provinsie voorgekom het, het die reeds verswakte paaie-infrastruktuur net vererger.”

Dr. Jack Armour, handelsbestuurder, het bevestig dat die organisasie ná vele geskrewe versoeke en mediaberigte ’n uitnodiging van die Vrystaatse direkteur-generaal ontvang het om die uitvoerende komitee op 18 Mei toe te spreek. “Ons afvaardiging was teleurgesteld dat die premier en die LUR van finansies nie self teenwoordig was nie. Die LUR verantwoordelik vir paaie het sonder verskoning laat by die vergadering aangesluit.”

Armour sê ná VL se deeglike uiteensetting van die probleme met die paaie en sistemiese probleme in die paaiedepartement, het mnr. William Bulwane, die LUR vir polisie, paaie en vervoer, aangedui dat hy reeds kennis dra van al die probleme op die paaie. “Die LUR het beklemtoon dat daar 281 regsake teen die departement aanhangig gemaak is en die departement is nie van voorneme om enige skikkings in hierdie aksies aan te gaan nie.”

R59, Hoopstad, Bothaville, paaie
Die R59 tussen Hoopstad en Bothaville is vol slaggate. Foto: Verskaf deur Vrystaat Landbou
Paaieprotes, R34
Lede van die gemeenskap hou 'n vreemdsame protes op die R34 wat lewensgevaarlik is. Foto: Verskaf deur Vrystaat Landbou

Vrae

Hy sê VL het nog geen antwoorde gekry op vrae wat al in November 2021 pertinent aan die LUR en sy departement gerig is nie. Die vrae is:

* Hoeveel werkende padskrapers is daar in die provinsie en hoeveel padskraper-operateurs is in diens van die departement?

* Wat is die skedule vir die skraap van grondpaaie binne die perke van personeel en toerusting, en hoekom is die begroting vir grondpaaie vir die boekjaar van R120 miljoen tot R50 miljoen verklein?

* Wat is die finale begroting en aksieplan vir paaie hierdie boekjaar?

* Hoekom is R140 miljoen oorbestee aan salarisse, terwyl daar geen “pik en graaf”-werkers in die diens van die departement is nie en wat word gedoen aan die topswaar burokratiese struktuur?

* Hoekom is R194 miljoen wat geoormerk was vir die herstel van paaie aan die tesourie teruggestuur terwyl die krisis so erg is?

* Wat verwag die staat van ’n openbare-private vennootskap, want boere verwag om betaal te word vir werk en koste wat hulle aangaan?

VL is op die vergadering verseker dat die kwessies na die ekonomiese groepering verwys sal word vir volledige antwoorde. In die afwesigheid van ’n daadwerklike plan van die departement het VL aan die vergadering ’n lys van 10 teer- en 10 grondpaaie oorhandig, wat dringende aandag behoort te kry.

VL het intussen ’n veldtog van stapel gestuur om geld in te samel om boere te help wat noodgedwonge iets moet doen om hul paaie toeganklik te kry sodat plaasprodukte op die verbruikers se etenstafel kan kom. Klik hier deur na die veldtog. 

Klik hier vir 'n lys van paaie wat dringend aandag benodig.

Enige mens of instelling kan ’n bydrae aan Vrystaat Landbou se paaiefonds maak by: ABSA, tak 632005, Rekening 470940670 met verwysing “Paaie” + selnommer.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.89
+1.0%
Rand - Pond
20.19
-0.2%
Rand - Euro
17.55
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.63
-0.5%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,677.04
+1.0%
Silwer
20.32
+6.8%
Palladium
2,233.50
+3.1%
Platinum
894.00
+3.4%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,804
+0.7%
Alle aandele
64,183
+0.7%
Hulpbronne 10
61,578
+2.2%
Industriële 25
77,528
+0.2%
Finansiële 15
13,797
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Enkel mamma van n pragtige 4 jaar oue dogtertjie... Nie opsoek na iemand wat net wil games speel nie
Eks n baie eerlike en opregte mens hou nie daarvan as mense oor my loop nie. Ek se wat ek dink en voel draai nie doekies om nie. Eks wel op my plek En het n sagte hart
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot