AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vrystaat loop deur onder graandiewe

Eers was dit “take-aways” (skape), maar deesdae steel diewe graan en skrootmetaal in die Vrystaat.

Die georganiseerde diefstal van vragte koring en mielies is aan die toeneem in veral die noordelike dele van die Vrystaat. Die afsetgebied vir dié graan is vermoedelik in Gauteng.

Daarmee saam loop die provinsie reeds ’n geruime tyd onder veediewe deur. Skrootdiefstal is ook vir boere ’n probleem. Volgens Vrystaat Landbou en VKB se veiligheidskantoor is meer as 10 sake van vragte gesteelde graan (mielies en koring) die afgelope twee maande by hom aangemeld.

“Dorpe in die Vrystaat waar sulke voorvalle plaasgevind het, sluit in Reitz, Heilbron, Bothaville, Deneysville en Harrismith. Die verliese wat boere weens dié diefstal ly, beloop duisende rande, veral as die heersende kommoditeitspryse van grane in ag geneem word,” sê me. Alani Janeke, woordvoerder van Vrystaat Landbou.

Die veiligheidskantoor vermoed diewe koop plaaswerkers om, veral in gevalle waar talle vragte voer gelewer word en die byhou van aantekeninge omseil kan word.

Onderskep vragte

“In sommige gevalle vind die misdadigers uit dat ’n vervoermaatskappy na ’n plaas op pad is en dan gee hulle voor dat hulle deel van die vloot is. Só onderskep hulle van die vragte,” sê sy.

Voorvalle is ook aangemeld waar vragte graan tydens die stroopproses op die landerye op vragmotors oorgelaai word wat nooit die regte bestemming bereik nie.

Landbou.com het in Julie berig oor 15-20 ton mielies wat van ’n proefperseel van die Argent-studiegroep langs die N12-snelweg tussen Delmas en Springs gebuit is (“Diefstal steek stokkie voor proewe”, LBW, 15 Julie).

“Die kantoor raai boere aan om deeglik boek te hou van elke vrag se vervoer. Bel die betrokke aankoper indien nodig om die vragmotor en bestuurder se besonderhede na te gaan om te verseker die vrag word na die koper vervoer,” sê Janeke.

20% meer voorvalle

Volgens Vrystaat Landbou is 20% meer voorvalle van veediefstal die afgelope drie maande aangemeld. Daarby word ’n verhoogde betrokkenheid van georganiseerde sindikate, soos in die Noordoos-Vrystaat, ondervind wat troppe skape steel, of langs die pad slag.

Mnr. Willie Clack, voorsitter van die nasionale veediefstalvoorkomingsforum, sê al wat sal help om veediefstal hok te slaan, is om elke voorval by die polisie aan te meld. Hy sê dit is onmoontlik om die ware omvang van veediefstal in Suid-Afrika te skets omdat ’n oormaat raaiselagtige inligting, wat eintlik niks beteken nie, aan besluitnemers beskikbaar gestel word.

Skrootdiefstal het ook die afgelope paar maande in veral die noorde, noordooste en ooste van die Vrystaat toegeneem. Die afsetgebied vir dié gesteelde artikels is vermoedelik ook meestal in Gauteng.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-0.9%
Rand - Pond
20.05
+0.4%
Rand - Euro
17.62
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.51
+0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,711.64
-0.3%
Silwer
20.54
-0.5%
Palladium
2,274.01
+0.7%
Platinum
925.11
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir gesels, lees, skryf, teater. Die see, woude, berge ook. 'n Goeie kok. Oopkop en vrydenkend
Dankie dat jy my profiel lees. Ek is 'n omgeemens, met 'n wye ervaringskennis, en 'n baie goeie humorsin. Ek is intelligent, kreatief en oopkop, avontuurlustig,...
Lag en leef
Ek is n liefdevolle mens en sien die positiewe altyd in mense. Die lewe is te kort om ongelukkig te wees.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot