
Altesame 22 (52,4%) van 42 distrikte in die Vrystaat het dalende grondprysneigings in die 12 maande tot Februarie vanjaar getoon. Dit is vir grondverkope vir grond van groter as 10 ha.
In dié tyd is 689 ooreenkomste gesluit, wat 311 337 ha teen? R4,395 miljard behels het. Daarvan was 62 transaksies van kleur – 8,9% van die totaal.? Dié soort transaksies sluit in verhandelings ?tussen individue (44), regeringsaankope en ?grond verkry vir stedelike ontwikkeling (5).
Dit het? 16 637 ha (5,1%) teen? R816 miljoen – 18,6% van die totale waarde – behels.
Van die totaal was ?57 transaksies vir grond van kleiner as 50 ha (8%), met die meeste transaksies (347 of 50%) vir grond van 300 ha of groter.
Statistieke vir ál die provinsies is op Landbou. com beskikbaar, asook meer besonderhede, soos wie die transaksies aangegaan het. Klik op plaasverkope. Dit behels: Statistieke, besonderhede oor alle plaas- ?verkope binne ’n distrik, ontleding van die rand- waarde per hektaar van ?transaksies in elke distrik.
* Geskryf deur Johann Bornman, voorsitter van Agri Development Solutions. Hy doen 'n grondoudit met die samewerking van Landbou.com en Landbouweekblad.