AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Vrystaat Mielies gelikwideer

Geen manier bestaan waarop Vrystaat Mielies kon aanhou handel dryf nie, en die Land Bank het alle verdere finansiering onttrek.

Vrystaat Mielies, die Potchefstroomse graanverhandelaar en produksie-finansier wat einde verlede jaar in ondernemingsredding geplaas is, is gelikwideer ná die Land Bank sy steun onttrek het.

Die Hooggeregshof in Pretoria het dié bevel uitgereik nadat praktisyns wat ondernemingsredding doen, daarom aansoek gedoen het. Luidens ’n verklaring van die praktisyns, mnre. Johan van Greunen en Joanito Damons, is die maatskappy deur finansiering van die Land Bank aan die gang gehou sedert dit in November in ondernemingsreddding geplaas is. Die bank het egter sedertdien alle verdere finansiering onttrek.

“Daar is geen manier waarop die maatskappy kan aanhou handel dryf nie, en geen van die onderhandelings met belangstellende partye of beleggers het vrugte afgewerp nie,” lui die verklaring.

Dit het gedurende die afgelope planttyd bekend geraak dat Vrystaat Mielies in ondernemingsredding geplaas is – dit ná mnr. Adriaan Snyman, uitvoerende hoof, skaars ’n maand tevore nog volgehou het dat hulle op koers is vir die komende seisoen en voldoende finansiering en multirisikoversekering gereed het om hul kliënte met die nodige produksiekrediet te voorsien.

Grootste finansier

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die Land Bank, Vrystaat Mielies se grootste finansier, het destyds by navraag aan Landbouweekblad gesê dit beteken nie al Vrystaat Landbou se kliënte se produksiekrediet is in die gedrang nie. Alternatiewe finansiering sal vir daardie boere gesoek word, het hy gesê.

Vrae is vir ’n geruime tyd oor Vrystaat Mielies se finansiële gesondheid gevra ná sy pad met dié van die beleërde kunsmismaatskappy Profert geskei het.

Die Land Bank, ook Profert se grootste finansier, het in Augustus gesê dat hy dié maatskappy steeds steun, hoewel hy bewus is van toenemende gerugte dat dit in ernstige finansiële moeilikheid is.

Gerugte loop dat die bank intussen ’n reddingsboei van ten minste R1,2 miljard aan Profert gegee het.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat jy sien is wat jy kry
Ek maar n stil mens praat nie baie nie is n introvert ek laat my hande die praat werk doen en ek is baie rustige persoon en hou daar van om tyd saam n special person tyd te...
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot