AFGRI
BEAN
07 Des
-
9350
0,00
CORN
07 Des
-
4415
0,00
SOYA
07 Des
-
10510
0,00
SUNS
07 Des
-
10700
0,00
WEAT
07 Des
-
6654
0,00
WMAZ
07 Des
-
4924
0,00
YMAZ
07 Des
-
4770
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Vrystaat voorbereid op brandseisoen

Die Vrystaat het vroeg vanjaar reeds begin voorberei vir die jaar se brandseisoen ná brande verlede jaar groot verwoesting gesaai het.

Die Vrystaat het vroeg vanjaar reeds begin voorberei vir die jaar se brandseisoen ná brande verlede jaar groot verwoesting gesaai het.


Die meeste skade tot nog toe is verlede jaar aangeteken, met meer as 400 000 ha wat in die slag gebly het en verskeie mense wat hul lewe verloor het.


Mnr. Dirk Viljoen, voorsitter van die Bethlehem-landbouvereniging, sê boere in die Oos-Vrystaat het al vroeg begin voorbrande maak en voorbereidings tref om ’n herhaling van verlede jaar se gebeure te voorkom. Hierdie distrik is van dié wat verlede jaar die hardste getref is.


“Die manne is baie meer voorbereid as verlede jaar. Hulle kry al hulle spanne reg om te kan help as dit moet. Die streek het ook twee spanne van Working on Fire bygekry om te kan help”.


Augustus, September

Viljoen sê die seisoen bereik sy spitstyd na die winter in Augustus en September terwyl hulle wag op die somerreën.


“In Junie en Julie kom meestal gelokaliseerde brande voor. Ons grootste kommer is maar altyd in Augustus en September”.


Mnr. Malcolm Procter, adjunkdirekteur van bos- en veldbrandtoesig by die Vrystaatse departement van landbou, bosbou en visserye, sê hulle het reeds ’n versoek aan die nasionale Regering gerig vir die ramphulpgeld wat verlede jaar beloof is.


Hy sê ses brande het vanjaar reeds in die provinsie voorgekom, waarvan die grootste 15 ha vernietig het.


Nuwe strategie

Procter sê hulle het tans sewe satelliete wat hulle gebruik die Vrystaat te monitor, pleks van die vorige twee, wat hulle kan help om brande vinniger te identifiseer en te probeer bestry. Hy sê hulle wil vanjaar hul reaksietye verbeter en fokus op hul veldbeheerspanne. Verder moedig hulle boere ook aan om voldoende voorbrande te maak.


“Ons gaan ook strenger wees en mense beboet wat nie teen die spertyd gehoor gee aan ons versoeke oor voorbrande nie”, aldus Procter.


Die departement gaan ook met die Universiteit van die Vrystaat saamwerk met navorsing oor veldbrande, die oorsake daarvan en die invloed op die omgewing.


6 Junie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.18
-0.2%
Rand - Pond
20.96
-0.0%
Rand - Euro
18.05
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.13
+0.0%
Goud
1,787.50
+0.9%
Silwer
22.73
+2.4%
Palladium
1,854.00
+0.2%
Platinum
1,007.50
+1.7%
Brent-ruolie
79.35
-4.2%
Top-40
67,863
-0.8%
Alle aandele
74,011
-0.7%
Hulpbronne 10
73,204
-1.1%
Industriële 25
90,783
-0.7%
Finansiële 15
15,619
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
lewensmaat
Eks eerlik opreg weet wat ek wil he in die lewe hardwerkend en sal n goeie vriend wees. Eks rustig netjies en sal my vriendin op die hande dra. Hou niks van argumente nie wil...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot