AFGRI
BEAN
23 Sep
-
9590
0,00
CORN
23 Sep
-
4825
0,00
SOYA
23 Sep
-
9400
0,00
SUNS
23 Sep
-
10278
0,00
WEAT
23 Sep
-
6944
0,00
WMAZ
23 Sep
-
4799
0,00
YMAZ
23 Sep
-
4724
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
02 Sep
-
160,22
-6,09
Ave Wool - RWS
02 Sep
-
172,22
-2,54
Beeste A2/3
09 Sep
-
60,85
0,17
Beeste AB2/3
09 Sep
-
57,75
1,15
Beeste B2/3
09 Sep
-
54,25
1,40
Beeste C2/3
09 Sep
-
47,55
-3,29
Bevrore Hoender
09 Sep
-
30,74
-0,28
Bokkies (onder 30 kg)
09 Sep
-
69,19
-6,29
Bokooie
09 Sep
-
48,38
2,60
Groot (meer as 40 kg)
09 Sep
-
43,39
-0,62
Hoender (IQF)
09 Sep
-
29,41
-0,82
Medium (30-40kg)
09 Sep
-
58,81
5,73
Pork Average
09 Sep
-
27,04
-0,18
Poultry Average
09 Sep
-
30,52
-0,51
Skaap A2/3
09 Sep
-
97,84
2,27
Skaap AB2/3
09 Sep
-
86,98
0,98
Skaap B2/3
09 Sep
-
81,06
1,29
Skaap C2/3
09 Sep
-
76,61
1,55
Speenkalf
09 Sep
-
36,15
-1,44
Spekvarke
09 Sep
-
27,62
-0,36
Stoorlammers
09 Sep
-
44,2
0,90
Varkwors
09 Sep
-
22,17
-0,23
Vars Hoender
09 Sep
-
31,4
-0,43
Vleisvarke
09 Sep
-
27,02
-0,15

Vrystaatse boere raadop oor skaapdiewe

Skaapdiewe maak amok in die Noordoos-Vrystaat.

Die Noordoos-Vrystaat loop deur onder ’n goed georganiseerde sindikaat skaapdiewe wat vandeesmaand op twee agtereenvolgende naweke meer as 50 Merino’s gebuit het. Tot dusver is daar nog geen leidrade wat sal help om die skuldiges vas te trek nie.

Voorverlede naweek is 31 swaar dragtige ooie uit ’n kraal op die plaas Mikpunt van mnr. Pieter Japp van Steynsrus gesteel, oor twee plase gejaag en op ’n padreserwe geslag. Die diewe is vort is met die karkasse.

Die naweek voor dit is 23 ooie op die plaas van mnr. Jurie Wessels by Wonderkopstasie tussen Steynsrus en Kroonstad geslag. Mnr. Niekie Grobler, veiligheidsverteenwoordiger van die distriksboere-unie Steynsrus, sê die diewe slag 20 tot 25 skape op ’n keer.

“Hulle stel net in die karkasse belang en die skape se velle en afval word net so in die veld gelaat. Gewoonlik gebeur dit in die hoek van ’n kamp by ’n teerpad,” sê hy.

Die voorval by Mikpunt is die vierde van sy soort vanjaar in die gebied. In Mei is altesaam 25 Merino-ramme en -hamels van mnr. André Nezar in die distrik Steynsrus geslag en gesteel. Die afval van 17 skape is gevind en agt is vermis.

Mnr. Stefan van Huyssteen van die plaas Belfry tussen Steynsrus en Senekal het op 21 April 18 dragtige ooie op dieselfde wyse verloor. Sy verlies aan Dohne-Merino’s vanjaar staan al op 47 en die totaal in die afgelope twee jaar op 225. Hy beraam sy persoonlike skade op sowat R500 000, met die produksiewaarde van die diere uitgesluit.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Boer soek boerin
Ek is 'n aangename persoon. Hou van mense. Lief vir diere en die natuur. Goeie humorsin. Ek is finansieël stabiel.
Dis tyd om te leef!!!!
Ek is reg om my beste maatjie te ontmoet. Ek het baie liefde om te gee vir die regte mens, ek is die vrou wat vir jou 'n sexy briefie in die sak van jou baadjie los om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot