Hulle wil tydige en volledige kommunikasie oor die aard en omvang van die dieresiekte hê wat die potensiaal het om hulle baie vinnig finansieel te ruïneer.
“Niemand wil sê daar is ’n positiewe geval nie. Dit kan tot twee weke duur voor die gemeenskap weet daar is ’n probleem en daar kan baie in twee weke gebeur,” sê mnr. Jess de Klerk, verteenwoordiger van die landbou-organisasie Saai in die Vrystaat. Hy het op ’n vergadering van die Bethlehemse forum wat die siekte beveg, gesê die feit dat die siekte in die provinsie steeds versprei, is vir boere ’n bron van kommer.
“Ons is veronderstel om bek-en-klouseer onder beheer te hê. Êrens is daar groot fout.”