
Die Amerikaanse regering is besig om meer as VSA $7 miljard (R96 miljard) in veiligheidsnet-betalings aan boere te verskaf nadat pryse die afgelope oesjaar (2015) gedaal het.
Dié uitbetalings gaan aan talle van die 1,7 miljoen plase wat ingeskryf is vir dekking vir boerdery-risiko’s en prysdekking-verliese.
Dié uitbetalings behels sowat 10% van die Amerikaanse departement van landbou (USDA) se geskatte netto boerdery-inkomste.
Mnr. Tom Vilsack, die Amerikaanse minister van landbou, sê die uitbetalings sal “help om Amerika se boere en hul gesinne te verseker van ons ondersteuning, te midde van lae kommoditeitspryse en lae groei in die land.”