AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

VSA wil nie SA se hoendermark ‘steel’ nie

Suid-Afrika het Amerikaanse hoenderstukke nodig oor die groot vraag na pluimvee waarin SA nie kan voorsien nie, meen ? hoenderbaas in die VSA.

Die Amerikaanse hoenderbedryf wil aanvullend wees tot die Suid-Afrikaanse bedryf en "nie die mark steel nie", sê die grootbaas van die Amerikaanse raad vir die uitvoer van hoender en eiers.

Mnr. Jim Sumner, voorsitter van die raad (USAPEEC), het aan 'n groep Suid-Afrikaanse joernaliste op besoek aan Amerika gesê "daar is vir almal geleenthede in die bedryf" .

Amerika het in Januarie vanjaar die eerste keer in meer as 15 jaar weer vir sy hoenderstukke aan die been toegang tot die Suid-Afrikaanse mark gekry.

65 000 ton hoenderstukke

Dit was nadat 'n ooreenkoms vroeër tussen die twee lande beding is dat 65 000 ton Amerikaanse stukke aan die been sonder teenstortingstariewe die land in 'n 12 maande tydperk mag binnekom.

Die oopstel van die mark was 'n voorwaarde vir Suid-Afrika se insluiting by die hernuwing van die Amerikaanse wet op groei en geleenthede (Agoa), wat talle voordele vir die uitvoer van produkte van ander Suid-Afrikaanse bedrywe inhou, maar geen vir die pluimveebedryf nie.

Sumner het gesê dit was die eerste keer wat Agoa so as hefboom gebruik is om vir Amerika toegang tot 'n mark te kry.

"Suid-Afrika was een van ons gunstelingmarkte (voordat die teenstortingstariewe 15 jaar gelede ingestel is)."

Nie regverdig behandel nie

Sumner is nie oortuig dat die Amerikaanse bedryf met die oorspronklike instel van die teenstortingstarief regverdig behandel is nie.

"Daar is geen jurie nie, dit is nie regtig 'n objektiewe verhoor nie, die bevinding is amper altyd in die beskuldigende regering se guns," sê hy.

In Suid-Afrika besluit die Internasionale Kommissie vir Handelsadministrasie (Itac) oor aansoeke vir teenstortingstariewe.

Sumner het gesê toe die oorspronklike tariewe in 1996 ingestel is, het die Amerikaanse bedryf hul regering probeer vra om dit teen te staan, maar die regering was baie sensitief daaroor dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land was.

Reeds twee keer hernieu

Die teenstortingstariewe was daarna só hoog dat dit vir Amerika onmoontlik was om hoenderstukke aan die been mededingend na Suid-Afrika uit te voer. Die tariewe is reeds twee keer weer hernieu en as deel van ooreenkomste rondom Agoa het Amerika onderneem om nie die geleentheid aanstaande jaar te benut om teen die volgende hernuwing beswaar te maak nie.

Volgens Sumner sal die produk wat Amerika na Suid-Afrika wil uitvoer, 'n spesifieke mark bedien.

"Suid-Afrika het die produk nodig, daar is 'n groter vraag na pluimvee as waarin Suid-Afrika self kan produseer. Jul produksiekoste is hoër. Jul regering plaas heffings op ingevoerde voer wat teen jul plaaslike bedrywe werk, dit het my nog altyd verras," het Sumner gesê.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.2%
Rand - Euro
17.74
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot