AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Vuurwapens: Voorgestelde wysigings onprakties vir jagters

akkreditasie
Foto: Theuns Botha
Foto: Theuns Botha
Baie van die voorgestelde wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer (Wet 60 van 2000), wat onder meer ’n beperking voorstel op die aantal vuurwapens wat jagters en sportskieters mag besit, is onprakties en onregverdig, sê mnr. Fred Camphor, uitvoerende hoof van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters).

SA Jagters het gister sy kommentaar op die voorgestelde wysigings ingedien. Dié wysigings is reeds vanuit verskeie oorde gekritiseer, veral aangesien dit die besit van ’n vuurwapen vir selfverdediging asook die herlaai van ammunisie onwettig maak.

Volgens Camphor is die bestaande wetgewing oor vuurwapens reeds lomp en ingewikkeld wat ’n groot administratiewe las op die polisie plaas om voldoening daaraan te verseker. “Dit is baie duidelik dat die voorgestelde wysigings voorsiening maak vir selfs meer beheer op vuurwapens en gevolglik sal dit nóg ingewikkelder, lomp en moeilik word om toe te pas.

“Dit is duidelik dat die bedoeling van die voorgestelde wysigings is om die wetgewing van bemagtigend na beperkend te verander.”

SA Jagters is veral bekommerd oor die volgende wysigings:

• Die herroeping van die reg om ’n vuurwapen vir selfverdediging te besit.

• Die beperking op die hoeveelheid vuurwapens en ammunisie wat ’n jagter of sportskieter mag besit.

• Die uitbreiding en herdefiniëring van ballistiese toetspraktyke wat onprakties is.

• Die verandering van bevoegdheidsvoldoening vir vuurwapeneienaars.

• ’n Verbod op die herlaai van ammunisie vir vuurwapeneienaars se eie gebruik.

• Die verwydering van die voorsiening vir private versamelaars.

Die vereniging konsulteer tans met ’n regspan oor regstappe wat teen die voorgestelde wetgewing gedoen kan word, indien nodig. “Ons hou die situasie fyn dop en sal, soos in 2009, aanhou om ons lede se regte, asook dié van wettige vuurwapeneienaars, te beskerm,” sê Camphor.

100 000 teken DA petisie

Intussen het die DA ook sy kommentaar ingedien op die “drakoniese” wysigings. Hy vra dat alle Suid-Afrikaners dieselfde doen. Die sperdatum vir kommentaar is Saterdag 31 Julie.

Mnr. Andrew Whitfield, DA-LP, sê die onlangse onluste het bewys dat mense hulself moet verdedig aangesien die polisie en ander wetstoepassers misluk het om gemeenskappe teen plundering en geweld te beskerm.

Die DA is ook bekommerd oor verskeie van die voorgestelde wysigings. Die party is bekommerd oor die verwydering van die vervalperiode op die diskwalifikasie van ’n persoon wat nie bevoeg is om ’n vuurwapen te besit nie, asook die mag wat dit vir mnr. Bheki Cele, minister van polisie,  kan gee om ’n verbod op ammunisie te plaas of voor te skryf hoe sekuriteitsbeamptes vuurwapens mag dra.

Die DA is ook nie tevrede met die wysigings wat bepaal dat slegs drie vuurwapens sonder die nodige lisensie vervoer mag word nie en dat 100 pleks van 200 patrone per vuurwapen besit mag word.

“Terwyl die DA die noodsaaklikheid van streng vuurwapenbeheer en -lisensiëring steun, kan die party nie die wet in sy huidige formaat steun nie. Dit het verreikende gevolge nie net vir burgerlike veiligheid nie, maar ook ander bedrywe, soos beroepsjagters en die private sekuriteitsbedryf,” sê Whitfield.

Die DA moedig mense aan om kommentaar op die voorgestelde wysigings te stuur na comments.fcabill@csp.gov.zaen stopgunbill@da.org.za, asook om die DA se petisie te onderteken.

“Cele kan nie die 100 000 mense wat reeds die petisie onderteken het, ignoreer nie. Ook nie die verskeie besware wat deur die burgerlike sekretariaat gestel is nie.

“Cele het misluk in sy taak om die polisie te bemagtig om Suid-Afrikaners te beskerm en dien. Nou wil hy ons van verdere veiligheidsmaatreëls ontneem. Hy kan nie aanhou om wetsgehoorsame burgers te vervolg net omdat dit makliker is as sy eintlike werk om misdadigers te vang en gewone mense te beskerm nie.

“Indien die minister nie aan sy mandaat kan voldoen nie, moet hy afgedank word. Om gewone mense in misdadigers te verander weens Cele en die polisie se onbekwaamheid moes nooit deur pres. Cyril Ramaphosa toegelaat geword het nie.”

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.76
+0.4%
Rand - Pond
20.16
+0.2%
Rand - Euro
17.56
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.46
+1.4%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,704.68
+0.3%
Silwer
20.73
+0.1%
Palladium
2,294.50
+3.2%
Platinum
921.00
+1.8%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,587
+3.0%
Alle aandele
66,069
+2.9%
Hulpbronne 10
64,052
+3.9%
Industriële 25
79,719
+2.8%
Finansiële 15
14,077
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom ons deel
Het gesonde uitkyk op die lewe. Probeer gesond leef, fiks bly, stap, om buitelewe te verken en te geniet. binne. Hou van werskaf tuis, krap in die tuin. Sal graag my lewe wil...
Believe in yourself..not everyone is the same.
Vriendlike. spontaan en liefde vol. kan met enige persoon oor die weg kom. vis vang. braai. kamp. kos maak en bak. geniet bomfire. hou van dans.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot