AFGRI
BEAN
31 Mrt
-
9826
0,00
CORN
31 Mrt
-
4660
0,00
SOYA
31 Mrt
-
8175
0,00
SUNS
31 Mrt
-
8760
0,00
WEAT
31 Mrt
-
6631
0,00
WMAZ
31 Mrt
-
3977
0,00
YMAZ
31 Mrt
-
4029
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

VW se Amarok V6 is hier – met 165kW!

Ná ‘n paar honderd kilometer agter die stuur van een van die Amarok 3.0 l V6-dubbelkajuite was ek eintlik jammer om by ons bestemming uit te kom, skryf Andries Groenewald.

Volkswagen stroomlyn sy Amarok-reeks deur die produksie van die enkelkajuitbakkies te staak en 'n wakker V6-dieselenjin met 165 kW woema in die top-modelle aan te bied.

Inderdaad is hierdie goeie én slegte nuus. Die lank en die kort van die saak is egter dat die enkelkajuitbakkies eenvoudig nie genoeg verkoop het nie. Die mark se aanvanklike mate van kommer oor die betroubaarheid van die (klein) 2.0 liter dieselenjin is intussen deur die verkoopsyfer van 29 000 sedert 2010 die nek ingeslaan.

Nou is ‘n 3.0 l V6 TDI met 165 kW drywing en 550 Nm se wringkrag beskikbaar.

Die nuwe reeks

Die nuwe Amarok-reeks se voorstamper (met geïntegreerde misligte) en die sierrooster is subtiel en netjies vernuwe om die kenmerkende VW-DNA te vertoon. Dit is veral die vorm van die hoofligte en die sierrooster se prominente horisontale lyne wat reeds in die Caddy en Transporter te siene is.

Nuwe ontwerpe versier die verskillende groottes allooiwielvellings afhangende van die modelle. 'n Derde LED-remlig en dagryligte verhoog sigbaarheid en veiligheid.

Binne pryk 'n nuwe voorpaneeluitleg met 'n inligtingskerm netjies geïntegreer in die  meer horisontale ontwerp. Volkswagen bly (vir my) die ergonomie-koning want alles wat nodig is, is eenvoudig letterlik byderhand!

Sesgang-handratkas en die outomatiese agtgang-aandrywing

Die 3.0 l V6 TDI-enjin vervang geensins die 2.0 l TDI-enjins nie. Die dubbelkajuitreeks skop dus af met die 2.0 l TDI wat 103 kW lewer, daarna volg die 2.0 l TDI wat met 132 kW spog en aan die bopunt van die leer is die drie 3.0 l V6 TDI modelle. Daar is die sesgang-handratkas en die outomatiese agtgang, 4X2-aandrywing en VW se eie 4MOTION.

Die drie V6-weergawes, naamlik Highline, Highline Plus en Extreme, is almal toegerus met die agtgang outomatiese ratkas en 4MOTION-aandrywing.

Ná ‘n paar honderd kilometer agter die stuur van een van die 3.0 l V6-dubbelkajuite was ek eintlik jammer om by ons bestemming uit te kom. Dit ritgerief en -gehalte is onbesproke en ek was veral beïndruk met daardie (beskikbare) kragstuwing tot 180 kW en 580 Nm wat vir sowat 10 sekondes beskikbaar wanneer jy flink moet verbysteek!

Bekwame veldryer

Die nuwe Amarok is (soos sy voorganger) steeds 'n baie bekwame veldryer en op ‘n viertrekroete met 'n 3/5-gradering is daar nie 'n wiel verkeerd gesit nie!

Volkswagen vertel die nuweling het net 8.0 sekondes nodig om van stilstaan tot 100 km/h te vorder, nogal redelik flink vir dubbelajuitbakkie sou ek sê. Hulle praat ook van ‘n gemiddelde dieselverbuik van 9 l/100 km wat met die 80 l-tenk 'n reikafstand van meer as 800 km kan beteken.

Die pryse van die nuwe Amarok-reeks se 12 modelle strek van R487 700 vir die intreevlak 2.0 TDI 103 kW 4X2 (handrat) Comfortline tot die 3.0 TDI V6 165 kW 4MOTION (outomaties) Extreme se stewige R748 600.

Volgens Volkswagen sal sy nuwe Amarok 3.0 TDI V6 by Nampo te siene wees.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.79
+0.0%
Rand - Pond
21.97
-0.0%
Rand - Euro
19.34
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.90
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
991.31
0.0%
Palladium
1,460.24
0.0%
Goud
1,969.50
0.0%
Silwer
24.11
0.0%
Brent-ruolie
79.89
+1.6%
Top-40
70,498
-0.8%
Alle aandele
76,100
-0.8%
Hulpbronne 10
66,234
-1.9%
Industriële 25
102,950
-0.3%
Finansiële 15
15,496
-0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot