AFGRI
BEAN
06 Okt
-
8935
-92,00
CORN
06 Okt
-
4823,2
28,20
SOYA
06 Okt
-
9535
270,00
SUNS
06 Okt
-
9720
235,00
WEAT
06 Okt
-
7210
18,00
WMAZ
06 Okt
-
4971
100,00
YMAZ
06 Okt
-
4850
81,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

W

Suid-Afrikaanse wolboere word genooi om aan 'n nuwe, internasionale kompetisie deel te neem om die wêreld se beste vag te vind. Dit word geborg deur die bekende Italiaanse vervaardiger van uitsoekmansdrag en -materiale Ermenegildo Zegna om boere aan te moedig om die gehalte van hul wol te verbeter.

Die kompetisie bestaan uit twee afdelings, naamlik die Zegna Vellus Aureum vir vagte fyner as 14 mikron en die Zegna V.A. Challenge vir vagte van 14 tot 17,9 mikron. In eersgenoemde afdeling sal teen Australië, wat as die koning van superfynwol beskryf word, meegeding word. Net Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Argentinië is genooi om aan die V.A. Challenge deel te neem.

In albei kompetisies sal die beste drie vagte van elke deelnemende land 'n toekenning ontvang. Die vagte sal daarna na Australië gestuur word waar 'n wenner vir elke land en 'n algehele wenner in elke afdeling aangewys sal word. Die wenner van elke land en sy metgesel sal na Australië reis vir die prysuitdeling wat volgende jaar in Melbourne gehou word. Die algehele wenner van die Vellus Aureum-trofee sal ook sy vag se gewig in goud ontvang.

Die Woltoetsburo sal die vagte vir veseldikte met die OFDA-toestel toets, soos deur Zegna voorgeskryf word. Punte word volgens 'n punteskaal toegeken vir veseldikte, gewig, treksterkte en eenvormingheid in die stapel. Suid-Afrika se inskrywings sal deur mnre. Johan Coetzer van die Woltoetsburo, Louis Booysen, 'n wolkoper, en Jakes Mulder, Cape Wools se waardeerder, beoordeel word.

Die belangrikste eienskappe waarvolgens beoordeel sal word, is die voorkoms van die vag, sagte hantering, eenvormigheid van die stapel en treksterkte. Die belangrikheid van treksterkte is belangrik en vagte moet 'n gesonde groei sonder 'n teken van tengerigheid toon. Dit beteken hongerfynwol sal onmiddellik afgekeur word.

Die sluitingsdatum is 30 November en inskrywingsvorms is by Cape Wools beskikbaar. 27 September 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.01
-1.3%
Rand - Pond
20.11
+0.1%
Rand - Euro
17.64
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,713.07
-0.2%
Silwer
20.66
+0.1%
Palladium
2,253.50
-0.2%
Platinum
925.00
+0.3%
Brent-ruolie
93.37
+1.7%
Top-40
59,416
+0.4%
Alle aandele
65,833
+0.3%
Hulpbronne 10
63,279
-0.6%
Industriële 25
80,027
+1.0%
Finansiële 15
13,997
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou die mooi kant van die lewe wys
Ek is n boer van beroep maar dis nie net n beroep nie dis n passie om elke dag in die skepping te kan werk is n vooreg. Ek het n grood liefde vir die natuur en om tyd daar in te...
Soek my maat!
Ek hou van golf speel en fiets ry. Ek geniet om dinge saam met my maat te doen maar ek hou ook van my eie tyd.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot