AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9380
24,00
CORN
30 Sep
-
4790
2,00
SOYA
30 Sep
-
9485
93,00
SUNS
30 Sep
-
10235
30,00
WEAT
30 Sep
-
7119,8
19,80
WMAZ
30 Sep
-
4840
22,00
YMAZ
30 Sep
-
4788,2
28,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Waak teen gemaksone in landbou - Grobler

Baie goeie dinge gebeur nou met die landbou in Suid-Afrika, maar dit bekommer hom tog dat in baie landbougeledere 'n nuwe houding van oorgerustheid begin posvat. Dit sou fataal wees as nou in 'n gemaksone inbeweeg word en die landbou as gevolg daarvan nie sy regmatige rol speel nie.

Dié waarskuwing kom van mnr. Japie Grobler, voorsitter van Agri Suid-Afrika. Hy het op die kongres van Agri Wes-Kaap, by Goudini, gesê daar is baie vernuwings in Agri SA aan die gang - dié liggaam staan op die vooraand van 'n heel nuwe bedeling. Daar is baie om oor opgewonde te raak, soos die landbouplan en pres. Thabo Mbeki se goeie gesindheid jeens die landbou.

Die landbou sal nie aan die uitdagings van die land ontsnap nie, en alles sal gedoen moet word om dit te laat werk. Daar word nie meer deesdae net in die landbou gepraat nie, maar daagliks ook gedoen. Geleenthede word elke dag benut.

Alles kan egter nie oornag verander nie. Die langtermynvoordele sal eers oor agt tot tien jaar behoorlik ervaar word. Maar pasop vir onbetrokkenheid, het hy gewaarsku.

Mnr. Grobler het 'n beroep op boere gedoen om hul werkers te bemagtig. Dit help nie om agtertoe te kyk nie - die landbou moet voor loop as hy sy regmatige rol wil speel.

Mnr. Chris du Toit, voorsitter van die Landboubesigheidskamer en vorige voorsitter van Agri SA, het gesê baie het verander in die landboubesigheidsomgewing sedert die koöperatiewe dae. Daar is bykans 12 jaar lank gepraat oor posisionering, maar nou word dinge gedoen.

Die tyd is verby dat landboubesigheid hoofsaaklik 'n boerebedryf is. Landboubesigheid wil almal in die landbou saamtrek onder 'n affiliasie by Agri SA. Die Landboubesigheidskamer moet uitgebou word tot iets formidabels vir die landbou-netwerk. Daar is geen sprake van skeurings nie - inteendeel, die doelwit is om die basis van verteenwoordiging te verbreed, het hy gesê.

Mnr. Hans van der Merwe, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, het gesê die landbouplan is 'n groot deurbraak, want vir die eerste keer lees die landbou en die Regering nou uit dieselfde boek op dieselfde bladsy. Doelwitte stem ooreen, en dit word erken dat die landbou die enjin is wat landelike gebiede ekonomies kan ophef.

16 Augustus 2002

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.94
+0.1%
Rand - Pond
20.04
-0.5%
Rand - Euro
17.60
+0.0%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,669.80
+0.5%
Silwer
19.11
+1.6%
Palladium
2,219.50
+0.6%
Platinum
875.50
+0.9%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,356
+0.8%
Alle aandele
63,652
+0.6%
Hulpbronne 10
60,719
+1.6%
Industriële 25
77,015
+0.3%
Finansiële 15
13,771
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel man wat op soek is na pasmaat om leemte te vul. te vul
Ek is eerlik en is gelykmatig in persoonlikheid. Hou van lag en sal nooit afbrekend teenoor iemand optree nie. Hou van goeie eerlike gesprekke.
Ek wil weer in liefde glo
Ek is energiek, spontaan, lewenslustig, positiewe uitkyk op die lewe. Hou van buite lewe. Ek is ñ mense mens en is gek oor diere. Ek is saf van geaardheid maar baie ferm in...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot