AFGRI
BEAN
07 Okt
-
8985
35,00
CORN
07 Okt
-
4805
-13,00
SOYA
07 Okt
-
8800
40,00
SUNS
07 Okt
-
10630
150,00
WEAT
07 Okt
-
7207
-3,00
WMAZ
07 Okt
-
5058
-2,00
YMAZ
07 Okt
-
4945
-3,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Waak teen weghol met gewilde appelkose

Boere moet omsigtig omgaan met appelkoos-uitbreidings, sê die Inmaakvrugte-produsentevereniging.

Inmaak-appelkose is tans so gewild dat verwerkers selfs bereid is om boere se aanplantings te finansier, maar ’n situasie van oorproduksie kan in ’n oogwink weer ontstaan.

Só het mnr. Wiehahn Victor, van die Inmaakvrugte-produsentevereniging (IPV), gemaan tydens die organisasie se algemene jaarvergadering op Worcester. Die pas afgelope seisoen kon verwerkers skynbaar nie hul hande op genoeg Bulida-appelkose lê nie.

“Daar was ’n uitstekende vraag na appelkose en dit was die eerste keer wat ons ondervind het dat verwerkers kontrakte vir perskes opskort omdat hulle nie genoeg appelkose kon kry nie.” Volgens Victor het Bulida-aanpantings in 2014 en 2015 met onderskeidelik 2 ha en 7 ha gegroei.

Verlede jaar het aanplangtings egter skerp geklim met 46 ha. Daar staan nou sowat 1 461 ha se bome in die land. In die 2016/’17-seisoen is meer as 34 700 ton appelkose verwerk, waarvan meer as 21 500 ton ingemaak is.

Wêreldspeler

Suid-Afrika, wat as internasionale speler gereken op die gebied van appelkose, produseer sowat ’n derde van die wêreld se inmaakappelkose. In sommige jare is die plaaslike inmaak-appelkoos-oes selfs groter as dié van China.

Wat die grootte van die mark betref, is dit egter heelwat kleiner as ander inmaakvrugte. “Die wêreld maak altesaam sowat drie tot vier miljoen basiese kartonne appelkose in, waarvan Suid-Afrika sowat een miljoen kartonne produseer. Inmaak-perskes beloop sowat 70 miljoen basiese kartonne.”

Sensitiewe produk

Victor het egter gewaarsku dat, hoewel die speelveld tans rooskleurig is vir inmaak-appelkose, dit ’n sensitiewe produk bly. “Die huisvrou koop net wat nodig is, sy koop nie 10 blikkies appelkose omdat dit halfprys is nie. Dis ’n prys-onelastiese produk.”

Tot en met die 2012/’13-seisoen het die bedryf sowat 44 000 ton Bulida-appelkose verwerk, maar die jaar daarna is bykans 5 000 ton vrugte weggegooi weens ’n ooraanbod. “Die pendulum swaai nou terug en verwerkers is selfs bereid om produsente te betaal om appelkoosbome op hul plase te plant, maar dis dieselfde verwerkers wat ’n paar jaar gelede soveel vrugte weggegooi het.”

Victor meen boere moet waak daarteen dat daar weer ’n ooraanbod ontstaan. “Net ’n klein bietjie meer appelkose gaan die pryse weer afdruk en ons gou-gou weer in ’n oorproduksie-situasie plaas.”

Vruggehalte

Meer as 98% van appelkose is vanjaar as inmaakgraad 1 gegradeer – ’n eerste volgens Victor. Die droogte het daartoe gelei dat boere vanjaar kleiner vrugte geoes het, maar die vrugte het oor goeie houvermoë beskik en die fabrieke se verhaling was baie goed. “Dit was ’n gunstige oesperiode met droë toestande, maar geen insekskade nie.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
+0.1%
Rand - Pond
20.15
-0.3%
Rand - Euro
17.65
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,712.12
-0.0%
Silwer
20.76
+0.5%
Palladium
2,261.50
-0.0%
Platinum
932.00
+0.7%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,193
-0.4%
Alle aandele
65,550
-0.4%
Hulpbronne 10
63,540
+0.4%
Industriële 25
79,336
-0.9%
Finansiële 15
13,969
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
n Man opsoek na n maatjie
Ek is n Christen en soek n Christen maatjie. Ek leef eenvoudig, is baie lojaal en hou van vrede in my lewe. Ek is n introvert maar kan sosiaal wees as ek moet. Ek verkies...
Om my te Ken is om my lief te he
Sag dinamiese persoon wat iemand altyd eerste stel en respekteer,. Hou van eerlike opregte mense wat nie my tyd mors nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot