AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Waarheen gaan die mielieprys?

Waarheen sal die mielieprys in die volgende weke neig? ? Marknavorser gee sy siening.

Internasionaal:

Geel mielies vir lewering in Julie 2016 verhandel tans teen VSA$3,72 per skepel, 7 Amerikaanse sent meer as verlede week.

Die maandelikse Wêreld Graan Vraag en Aanbod-verslag wat op 9 Maart vrygestel is, het nie enige verassings opgelewer nie met weinig reaksie wat pryse betref. Die jongste uitvoersyfers wat verlede week bekend gemaak is, was meer as verwagting en was een van die redes vir die week se opwaartse neiging.

Mielie-aanplantings in Texas verloop goed, met 20% van verwagte aanplantings reeds afgehandel.  Hoewel dit effens agter die vyf jaar-gemiddeld is, is dit dubbel soveel as dieselfde tyd verlede jaar.

Dit is ten spyte van vertragings as gevolg van swaar reën. In Texas se buurstaat Louisiana is oor die naweek op plekke tot 30 duim reën (750mm) gemeet. Snelweë is onder water  en ‘n noodtoestand is in die staat afgekondig.

Die rand/dollar:

Die rand het vir die eerste deel van verlede week redelik versterk tot ‘n vlak van byna R15 vir een dollar. Hierna het dit in drie dae se tyd verswak tot R16/dollar voordat dit effens teruggetrek het.

Redes hiervoor was onder andere ‘n algemene verswakking in ontluikende markte se geldeenhede, ‘n verlaging in oliepryse, maar veral die amateuragtige politieke gestoei in regeringskringe. Die Valke is steeds besig met ‘n ondersoek na die doen en late van die belastinggaarder, met klaarblyklike misverstande vir sperdatums vir die verskaffing van inligting. Die rand bly baie sensitief vir hierdie soort van nuus.

Plaaslike pryse:

Ná ‘n week van konstante dalings het Safex-pryse weer begin styg. Julie se wit mielies het tot ‘n intradag laag van R4756 gedaal voordat dit opwaarts begin verhandel het. Die ooreenstemmende laagtepunt vir geel mielies was R3161.

Een van die markonsekerhede vanjaar was die groot volumes verwagte invoer. Het Suid-Afrika se hawens die vermoë om 5 tot 6 miljoen ton graan te kan invoer? Is die logistiek vir aflaai, uitlaai en verspreiding na die binneland in plek?

Gedurende die twee weke van 20 Februarie tot 4 Maart is 350 293 ton geel mielies en koring deur ons hawens ingevoer en versprei. Dit is ‘n teoretiese jaarlikse tempo van meer as 9 miljoen ton. Behalwe vir ernstige vertragings, soos bv. baie reëndae met aflaai en langdurige stakings is die invoer van hierdie hoeveelhede haalbaar.

Waarheen sal pryse in die volgende weke neig? Die tyd rondom die Paasnaweek is gewoonlik (nie altyd nie) ‘n relatiewe stil tyd vir Safex-verhandeling en dramatiese bewegings word nie verwag nie.

* Johann Strauss is 'n ontleder by BVG Commodities.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.99
-0.2%
Rand - Pond
20.07
-0.6%
Rand - Euro
17.66
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.68
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.1%
Goud
1,665.16
+0.3%
Silwer
18.92
+0.5%
Palladium
2,186.00
-0.9%
Platinum
872.00
+0.5%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
56,921
0.0%
Alle aandele
63,264
0.0%
Hulpbronne 10
59,793
0.0%
Industriële 25
76,769
0.0%
Finansiële 15
13,707
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek is opsoek na my beste vriend daar buite wat ook lief is vir haar self en vir mense,
Ek is n men's se men's, ek is lief vir lag en nog lag, ek is ook n Godvreesende man, maar ook lief om te gee in God se wil, ek is lief vir mense en hulle dinge, kook,...
Geloof, Hoop, Liefde
Ek is sag en liefdevol, n omgee en hartsmens, wat lief is vir die natuur, diere, kinders en oumense. Ek hou van lag, selfs vir myself en kan lekker jonk van gees wees en steeds...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot