AFGRI
BEAN
29 Mrt
-
9765,2
51,20
CORN
29 Mrt
-
4152
-5,00
SOYA
29 Mrt
-
8242
-1,00
SUNS
29 Mrt
-
8800
93,00
WEAT
29 Mrt
-
6671
-19,00
WMAZ
29 Mrt
-
3854
-29,00
YMAZ
29 Mrt
-
4040
-13,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
17 Mrt
-
171,8
1,17
Ave Wool - RWS
17 Mrt
-
185,09
1,47
Beeste A2/3
17 Mrt
-
54,2
-0,07
Beeste AB2/3
17 Mrt
-
52,95
-0,19
Beeste B2/3
17 Mrt
-
49,6
-1,22
Beeste C2/3
17 Mrt
-
48,53
0,72
Bevrore Hoender
17 Mrt
-
32,97
-0,23
Bokkies (onder 30 kg)
17 Mrt
-
48,13
-1,27
Bokooie
17 Mrt
-
36,44
-2,17
Groot (meer as 40 kg)
17 Mrt
-
36,2
-0,10
Hoender (IQF)
17 Mrt
-
32,21
-0,01
Medium (30-40kg)
17 Mrt
-
44,61
-2,43
Pork Average
17 Mrt
-
32,03
1,11
Poultry Average
17 Mrt
-
32,99
-0,12
Skaap A2/3
17 Mrt
-
82,81
3,66
Skaap AB2/3
17 Mrt
-
81,07
13,42
Skaap B2/3
17 Mrt
-
69,48
9,39
Skaap C2/3
17 Mrt
-
61,58
3,03
Speenkalf
17 Mrt
-
34,11
0,00
Spekvarke
17 Mrt
-
34,05
1,60
Stoorlammers
17 Mrt
-
38,98
-0,96
Varkwors
17 Mrt
-
25,37
1,06
Vars Hoender
17 Mrt
-
33,79
-0,13
Vleisvarke
17 Mrt
-
31,76
0,95
Deel

Waarskuwing: Kommandowurm is hier!

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ’n amptelike waarskuwing oor indringer herfs-kommandowurms uitgereik.

Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het ’n amptelike waarskuwing uitgestuur dat wat waarskynlik die indringer herfs-kommandowurm is, Suid-Afrika binnegeval het.

Die departement sê in ’n verklaring hy ontvang sedert die middel van Januarie berigte van boere wat skade ly weens die wurms, wat tot dusver nog nie amptelik taksonomies geïdentifiseer is nie. Entomoloë wag nog dat die papies van die wurms wat versamel is, se motte te voorskyn kom.

Die departement wys egter daarop dat die wurms visueel nes die herfs-kommandowurm (Spodoptera frugiperda) lyk. Party boere het dit al in Desember 2016 in hul lande begin opmerk. As dit wel dié spesie is, kan dit rampspoedig vir veral mielieproduksie in Suid-Afrika wees, sê die departement.

Uitgebreide skade is tot dusver op veral suikermielies en wit mielies vir saadproduksie gely. Dit lyk of die wurms al ten minste die hele Limpopo vol is, asook die gebied tussen Swartruggens en Mahikeng in Noordwes, sowel as by Lichtenburg. Dit kan, soos die Afrika-kommandowurm wat ons goed ken, in ’n migrerende plaag ontaard wat in groot getalle van een gebied na ’n volgende beweeg en groot skade aanrig.

Dit voed op ’n wye reeks gewasse, wat ook sorghum, sojabone, grondbone en aartappels insluit, lui die verklaring. Die spesie se lewensiklus vanaf eier tot mot duur tussen 24 en 40 dae, afhangend van weerstoestande en beskikbare kos. Dit is inheems aan Suid- en Sentraal-Amerika, en kom ook in die suidelike state van die VSA voor. Dit is rondom ’n jaar gelede die eerste keer in Afrika opgemerk, in Nigerië, en van daar het dit na verskeie ander Wes-Afrika- lande versprei, en teen April 2016 na Sentraal-Afrika.

Die motte is sterk vlieërs, en windstrome mag hulle help om oor groot afstande te versprei. Omdat hierdie plaag baie nuut in Afrika is, is min oor die langtermyn-uitwerking bekend, sê die departement. Die eerste plan van aksie, sodra die spesie geïdentifiseer is, sal nou wees om ’n noodbeheer-strategie in werking te stel.

“Ons wil seker maak dat korrekte inligting aan produsente verskaf word oor die soort plaag, plaagbeheer en op-die-plaas-bestuur van die probleem. Die grootste gevaar is verkeerde op-die-plaas-bestuur wat weerstandigheid en verdere produksieverliese tot gevolg kan hê.”

Die departement het met rolspelers vanaf verskeie bedryfsorganisasies saamgewerk om ’n interim-program vir beheer en bewusmaking saam te stel. Dit is reeds bekend dat die herfs-kommandowurm weerstandig teen sekere piretroïede is, en noodregistrasie van chemiese middels mag noodsaaklik wees om dit in beheer te bring.

“Hierdie plaag raak moeiliker om te beheer as die mielieplante meer volwasse raak omdat die wurms dan binne die blare rondom die ontwikkelende koppe voed, waar hulle buite die bereik van beheermiddels is. Boere moet op die uitkyk vir nuwe wurms op hul mielies wees, veral binne in die blaarkoppe.”

Die departement doen ’n beroep op boere om mnr. Jan Hendrik Venter by (012) 319 6384, 072 348 8431 of janhendrikv@daff.gov.za te kontak as hulle verdagte wurms sou opmerk, en ’n chemiese verteenwoordig se raad oor beheer-opsies te vra.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.5%
Rand - Euro
19.61
+0.4%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+1.6%
Platinum
968.27
+0.9%
Palladium
1,438.57
+1.5%
Goud
1,964.95
-0.4%
Silwer
23.34
+0.1%
Brent-ruolie
78.65
+0.7%
Top-40
70,865
+0.6%
Alle aandele
76,480
+0.6%
Hulpbronne 10
66,658
+0.3%
Industriële 25
103,311
+1.0%
Finansiële 15
15,614
-0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Spontaan en lief vir kamp en road trips
Ek is wie ek is. Ek is n maklike persoon om mee oor die weg te kom. Hou baie van kos maak en braai. Ja en ons sal baie dinge saam doen en veral lag.
Go-getter
Ekstrovert Eerlik Opreg Lojaal Die Lewe is te kort Kommunikasie Oordink Alles Baie straight forward Vat nie nonsens nie Hou van Wyn en whiskey Hardwerkend
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot