AFGRI
BEAN
01 Des
-
7443
0,00
CORN
01 Des
-
3693,68
0,00
SOYA
01 Des
-
7497
0,00
SUNS
01 Des
-
11232
0,00
WEAT
01 Des
-
6120
0,00
WMAZ
01 Des
-
3360
0,00
YMAZ
01 Des
-
3630
0,00
AMT
Beeste A2/3
19 Nov
-
53,63
-0,61
Beeste AB2/3
19 Nov
-
52,36
-0,27
Beeste B2/3
19 Nov
-
49,93
-0,39
Beeste C2/3
19 Nov
-
45,77
-1,34
Bevrore Hoender
19 Nov
-
28,97
0,09
Bokkies (onder 30 kg)
19 Nov
-
67,06
4,88
Bokooie
19 Nov
-
45,82
0,53
Groot (meer as 40 kg)
19 Nov
-
41,22
-4,20
Hoender (IQF)
19 Nov
-
26,15
-1,27
Medium (30-40kg)
19 Nov
-
53,18
-4,22
Pork Average
19 Nov
-
28,19
-0,22
Poultry Average
19 Nov
-
28,45
-0,37
Skaap A2/3
19 Nov
-
84,77
-0,53
Skaap AB2/3
19 Nov
-
75,76
-0,93
Skaap B2/3
19 Nov
-
71,89
-0,34
Skaap C2/3
19 Nov
-
70,02
0,06
Speenkalf
19 Nov
-
41,47
0,33
Spekvarke
19 Nov
-
29,28
-0,13
Stoorlammers
19 Nov
-
45,93
1,54
Varkwors
19 Nov
-
23,47
-0,03
Vars Hoender
19 Nov
-
30,25
0,07
Vleisvarke
19 Nov
-
28,07
-0,37
Wol (skoon)
19 Nov
-
170,08
-5,21

Wagyu-etikette wyd vervals in China

akkreditasie
Handelsmerke buite Japan mag voortaan nie meer woorde soos Kobe of Tajima-gyu gebruik nie.

Die vervalsing van Wagyu-beesvleishandelsmerke raak toenemend ’n kopseer vir uitvoerders van dié gesogte en peperduur vleisprodukte. Mnr. Graham Trustcott, hoof van die Australiese Wagyu-vereniging, het tydens Wagyu SA se algemene jaarvergadering op Stellenbosch gesê dit gebeur veral in markte in China en die Midde-Ooste dat nagemaakte Wagyu-handelsmerke as die ware Jakob verkoop word.

Australië voer sowat 80% tot 90% van sy Wagyu-vleis uit na onder meer Amerika, die Europese Unie, Suidoos-Asië, China en selfs Japan. Australië se binnelandse mark is ook besig om te groei, veral soos beroemde sjefs in top-restaurante die produk meer bekend maak.

Dit syfer nou deur na middelklas-eetplekke. In 2016 het Australiese boere ongeveer 40 000 ton Wagyuvleis produseer. Na verwagting sal dit teen 2020 sowat 74 000 ton beloop.

“Dit het Australiërs laat kopkrap oor waar hulle alles gaan verkoop, maar die mark gaan beslis nie teen 2020 versadig wees nie. Suid-Afrikaanse boere vra my ook of hulle ’n mark gaan hê as hulle Wagyuvleis produseer. As jy in ag neem dat 16% van die Suid-Afrikaanse mark welgestelde mense is en 22% behoort tot die middelklas, is daar amper 40% van die bevolking wat die vleis kan bekostig. Dit kom neer op amper 24 miljoen verbruikers wat vir premiumprodukte kan betaal. Dis ’n baie groter plaaslike mark as in Australië.”

Grys kanale en nabootsing

Weens hul klein plaaslike mark, moet die Australiese vleisbedryf op uitvoere staatmaak. China, met verbruikers wat vleis met uitstaande marmering goed ken, is ’n gerekende mark vir die Wagyu-bedryf. “Australië moet egter met baie produkte meeding wat die land deur grys kanale, gewoonlik via Viëtnam, binnekom. Nog iets wat die mark rem, is vervanging (met nagemaakte produkte), wat ’n al groter probleem raak.”

’n Gewilde Australiese handelsmerk, Blackbull Wagyu, het byvoorbeeld vir ’n tydperk uit die Chinese mark onttrek juis omdat sy handelsmerk en produkte so wyd vervals word. “In daardie tyd was daar egter steeds Blackbull-produkte op die rakke te vind en dit het nie van die produsent gekom nie!” het Trustcott vertel.

Trustcott sê hulle voorsien dat vervalsing van etikette ook in die Midde-Ooste, waar superryk verbruikers (dikwels jongmense) Wagyu-vleis al meer aanloklik vind, ’n probleem kan raak.

Geografiese beskerming

Japan is Australië se grootste mededinger in die uitvoermark vir Wagyuvleis. Tussen 2014 en 2015 het Japan maar 1 335 ton vleis uitgevoer en beoog om dit teen 2020 te verdriedubbel. “Dis so min, dit sal nie eintlik ’n invloed op ons bedryf hê nie,” meen Trustcott.

’n Groter uitdaging is egter die wetgewing rondom geografiese aanwysers wat Japan in Desember aanvaar het.

“Hulle wil die persepsie skep dat egte Wagyuvleis slegs van Japan kom en het ’n spesifieke merk vir dié vleis geskep. Daar is Australiese produsente wat nou hul handelsmerke moet verander om aan die regulasies te voldoen.”

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vreugde, Lewe, Wyn en Dans
EK is ń man wat vol energie is. My drome is groot en my verwagtinge is hoog. Daar is soveel mooi in wêreld en elkeen het ook sy skop gehad maar ek verkies om na jou...
Die lewe is 'n avontuur. Kom ons geniet dit saam.
Ek is 'n positiewe mens, van nature. Erg oor my kinders, familie en vriende. Gek oor my honde. En diere, die natuur. Hou van reis, en sloertoere. Lief vir kos maak. En...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot