AFGRI
BEAN
07 Okt
-
9032
82,00
CORN
07 Okt
-
4893
0,00
SOYA
07 Okt
-
9550
20,00
SUNS
07 Okt
-
10555,2
75,20
WEAT
07 Okt
-
7210
0,00
WMAZ
07 Okt
-
5090
30,00
YMAZ
07 Okt
-
4700
-4,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wankel rooivleis se balans in streek?

Dis nie in die Suider-Afrikaanse streek se belang dat Namibiese boere nie toegelaat word om speenkalwers na Suid-Afrika uit te voer nie, sê dr. Kobus Laubscher.

Die gesegde van in die pekel wees, kry eersdaags nuwe betekenis in die Suider-Afrikaanse vleisbedryf wanneer die toegelate persentasie pekelwater in hoendervleis beperk word.

Met 'n kleiner persentasie pekelwater in hoender sal die prys daarvan toeneem, wat noodwendig die samestelling van die verbruiker se vleismandjie gaan verander.

Die BFAP se jongste ontledings wys op verminderde invoer van rooivleis, met ’n duidelike toename in die uitvoer van hoë gehalte beesvleissnitte. Die mate waartoe ’n verminderde vraag na ingevoerde beesvleis as betekenisvolle invoervervanging gesien kan word, is egter ’n ope vraag.

Vraag na speenkalwers

Voerkrale se belangrikheid in terme die vraag na speenkalwers bly belangrik, maar die probleme met kalwers van Namibiese oorsprong is ontwrigtend oor die kort termyn, maar met invloed wat verder kan strek as die onmiddellike klompie maande.  Institusionele inmenging bly dus ‘n faktor wat verreken moet word.

Bogenoemde is maar enkele van die faktore wat gaan lei tot betekenisvolle strukturele veranderings binne die vleisbedryf met uitkring gevolge vir die streek.

BFAP verwys na strukturele skuiwe wat die sterk groei van beesvleisuitvoer tot gevolg het en gaan hê. Hulle verwagting van die groei in verbruik van die onderskeie komponente in die vleismandjie tot 2025 wys op die impak van veranderde dieet en besteebare inkomste. Per kop-verbruik van hoendervleis en varkvleis sal na verwagting betekenisvol meer styg as bees en skaap op grond van bekostigbaarheid.

Verwagte stygings

Die onderskeie verwagte stygings die volgende 10 jaar is 37% tot 5,2 kg per kop vir vark, 29% tot 42 kg per kop vir hoendervleis, 10% tot 2,6 kg per kop vir skaapvleis en 6% tot 13,5 kg per kop vir beesvleis. Eierverbruik kan met 17% toeneem tot 8,5 kg per kop oor die volgende 10 jaar, aldus BFAP.  Indien die ekonomie egter kop optel, kan dié syfers verander en verdere stygings moontlik maak.

Wat die aanbod van hoë gehalte beesvleis aanbetref, verskaf voerkrale na raming tussen 80% en 85% en hier verskil die drywers van volhoubaarheid van die aanbod van beesvleis vir verwerking. Die aanduidings is dat laasgenoemde mandjie tekorte ervaar, waarvan die aansien kan verander met die veranderde wetgewing ten opsigte van pekelwater in hoendervleis.

Die verwagte ná-droogte heropbou van kuddes kan ‘n verdere stremming plaas op beskikbare aanbod, want aanteeldiere se vraag kan aanbod oorskry. Prysverhoudings in hierdie marksegment kan betekenisvol verskil van die tendense van die onmiddellike verlede en produsente behoort hiervoor voorsiening te maak in hulle beplanning, mits voldoende reën veldtoestande bevorderlik maak vir die heropbou van teel kuddes.

Die lewensaar van landbou in streek

In hierdie verband lê die antwoord bepaald by ’n breë en meer streek oriëntering. Lewende hawe is die lewensaar vir die landbou in die streek, ongeag die maatstawwe wat gebruik word. Die streek sal vir die afsienbare toekoms invoer van veral hoendervleis moet verreken en enige tekorte aan rooivleis sal uitvoerlande se aandag trek.

Sodanige invoer sal die verbruiker ter wille wees, maar kan die mark vir rooivleis in die streek verwring. In die lig hiervan kan die streek nie bekostig dat Namibiese boere nie toegelaat word om speenkalwers na Suid-Afrika uit te voer nie. Behalwe die bydrae tot die aanbod van beskikbare vleis, swyg te veel van die betrokkenes oor die impak wat die afwesigheid van 240 000 speenkalwers het op werkskepping binne die waarde ketting in Suid-Afrika.

Verlies aan welvaart

Betekenisvolle welvaartverliese is moontlik vanaf Namibiese produsentevlak tot bemarkbare karkasse van voerkraal-oorsprong in Suid-Afrika.

Die streek se vleisbedryf is in afwagting op visioenêre leierskap om onmiddellike bedreigings die hoof te bied en beter munt te slaan uit die geleenthede. Die bedryf beskik oor  genoeg sterk punte om positief by te dra tot volhoubare mededingbaarheid.

* Dr. Kobus Laubscher is ‘n landbou-ekonoom en vorige hoof uitvoerende beampte van Graan SA.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.15
-0.8%
Rand - Pond
20.13
-0.2%
Rand - Euro
17.68
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.6%
Goud
1,694.80
-1.1%
Silwer
20.13
-2.6%
Palladium
2,192.88
-3.1%
Platinum
916.50
-1.0%
Brent-ruolie
94.42
+1.1%
Top-40
59,280
-0.2%
Alle aandele
65,676
-0.2%
Hulpbronne 10
63,294
+0.0%
Industriële 25
79,505
-0.7%
Finansiële 15
14,072
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
kom ons skryf ons eie roman
ek is n baie positiewe persoon wat altyd reg staan om my medemense te help. ek hou van die buite lewe en gaan kamp baie, jag ,visvang. en natuurlike n lekker braai. die wereld...
"Kom ons skryf ons eie roman."
Ek is n baie positiewe mens met n hart van goud. Ek het n passie vir mense en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet. Ek staan uit vir wat ek in glo. Ek geniet die buitelig lewe ....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot