AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9027
11,00
CORN
05 Okt
-
4800
-2,00
SOYA
05 Okt
-
9290
25,00
SUNS
05 Okt
-
10299
89,00
WEAT
05 Okt
-
7145
-24,00
WMAZ
05 Okt
-
4975
59,00
YMAZ
05 Okt
-
4889
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

‘Wantroue knou polisie se taak’

Die Vrystaatse polisie het nie die vertroue van ’n groot deel van die provinsie se bevolking nie.

Die polisie in die Vrystaat staan voor die uitdaging om die wantroue van sowat 40% van die provinsie se landelike bevolking te besweer.

Dit was een van die kwelpunte van ’n geskiedkundige veiligheidsberaad in Bloemfontein om strategië vir landelike veiligheid in die provinsie te verbeter. In ’n meningsopname by die beraad het bykans 61% van die aanwesiges aangedui dat hulle vertroue in die polisie op ’n gemiddelde vlak is met slegs 23% wat tevrede is met dié vertrouensverhouding.

Misdaad kan suksesvol bestry en tot aanvaarbare vlakke verlaag word, mits die samewerking tussen landelike gemeenskappe en die polisie verbeter word. Genl.­maj. Solly Lesia, groepsbevelvoerder van die Vrystaatse Mangaung­gebied, sê een van die grootste struikelblokke in die bestryding van landelike misdaad is ’n tekort aan wedersydse vertroue tussen die gemeenskap en die polisie.

Lesia was die sameroeper van die Bloemfonteinse beraad. Die byeenkoms is deur verteenwoordigers van Vrystaat Landbou (VL), boere en verskeie bevelvoerders van polisiekantore en hulle veiligheidskoördineerders bygewoon.

Volgens VL se veiligheidslessenaar is die distrik Bloemfontein, met landelike gebiede soos Bainsvlei en Bloemspruit, ’n brandpunt van plaasaanvalle. Landbouers se goeie samewerking met die polisie het tussen April en Julie vanjaar minstens 12 plaasaanvalle in die provinsie voorkom.

Altesaam 38 aanvalle het vanjaar tot 15 September op Vrystaatse plase voorgekom, met 22 voorvalle op dorpe. Die sterftesyfer in dié tyd was 5 waarvan vier plaaswerkers was. In die ooreenstemmende tyd verlede jaar het ses mense in 49 aanvalle op plase omgekom.

Volgens Lesia is ’n wedersydse vertrouensverhouding tussen die gemeenskap en die polisie van uiterste belang ter bevordering van goeie samewerking. Die doel van die beraad was ook om met realistiese en prakties uitvoerbare voorstelle die bestaande veiligheidstrategie te verbeter.

“Ek is bewus dat een van die polisie se groot uitdagings die tekort aan hulpbronne is. Ons uitdaging is om te verseker dat die beskikbare hulpbronne en mannekrag doeltreffend aangewend word,” sê hy.

Nog ’n beperkende uitdaging wat die polisie in die distrik Bloemfontein ondervind, is die tekort aan skutgeriewe waar rondloperdiere en gesteelde vee aangehou kan word. Dié vraagstuk sal na verwagting opgelos word met die hersiening van wetgewing wat munisipaliteite meer verantwoordelikheid in die bestuur daarvan sal gee.

Lesia het ’n beroep op landbouers gedoen om nie onwettige immigrante as plaasarbeiders of seisoenswerkers in diens te neem nie. Hy het die samewerking met die VL­strukture op die platteland geloof. Hy betreur egter die laksheid van ander boeregemeenskappe wat nie in hulle eie belang by die polisie se optredes betrokke raak nie.

Kapt. Chris van der Merwe, distrikskoördineerder van landelike veiligheid in die distrikte om Bloemfontein, sê hy ondervind dat die gemeenskap nie behoorlik by die polisie se inoefening van landelike beveiliging betrokke raak nie.

“Dikwels woon net enkele boere veiligheidsvergaderings by. Maar ná 'n plaasaanval sal selfs tot 30 opdaag. Kort daarna daal die belangstelling tot slegs enkele betrokkenes,” sê hy. Volgens hom is dit ook van uiterste belang dat boere die inligting oor hulle plase en werkers vir doeltreffende misdaadbestryding met die polisie deel.

Altesaam 47% van die aanwesiges het in die meningspeiling aangedui dat hulle by die polisie se wit­ en blouligpatrollies betrokke is met 43% wat redelik betrokke is. Bykans 50% is tevrede met die polisie se dienslewering.

Die aanbring van brandmerke en tatoëring van vee is ook van belang om veediefstal doeltreffend te bestry en die suksesvolle vervolging van skuldiges te verseker.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.76
-0.7%
Rand - Pond
20.17
+0.3%
Rand - Euro
17.62
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.49
-0.2%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,712.07
-0.8%
Silwer
20.50
-2.7%
Palladium
2,306.00
-0.7%
Platinum
924.00
-1.0%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,299
-0.9%
Alle aandele
65,719
-0.9%
Hulpbronne 10
63,598
-1.5%
Industriële 25
79,626
-0.6%
Finansiële 15
13,959
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Met n kitaar in die hand en liefde in my hart
Ek is vriendelik en n aangename mens om mee tyd te spandeer en is altyd besig om te lag. Ek stel altyd belang om te luister na ander se lewens stories
Time wait for no man.. neither does a good woman
Sageaarde romantiese hardwerkend Soek n lewensmaat om die lewe mee te geniet want die lewe is Kort ons Moet dit leef
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot