AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9390
34,00
CORN
30 Sep
-
4810
22,00
SOYA
30 Sep
-
9520
128,00
SUNS
30 Sep
-
10240
35,00
WEAT
30 Sep
-
7115
15,00
WMAZ
30 Sep
-
4926
34,00
YMAZ
30 Sep
-
4839
46,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wapenlisensies: Polisie ‘erken self’ hy kan nie mas opkom

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die polisie se beroep dat lisensie-aansoekers self moet toesien dat aangewese vuurwapenbeamptes hul aansoeke vaslê, word deur baie beskou as ’n bevestiging dat die polisie nie in staat is om dié belangrike taak te verrig nie. FOTO: BEN FOURIE
Die polisie se beroep dat lisensie-aansoekers self moet toesien dat aangewese vuurwapenbeamptes hul aansoeke vaslê, word deur baie beskou as ’n bevestiging dat die polisie nie in staat is om dié belangrike taak te verrig nie. FOTO: BEN FOURIE
Wetsgehoorsame vuurwapeneienaars en voornemende eienaars moet die Suid-Afrikaanse Polisiediens se onlangse erkenning van sy tekortkominge in die hantering van vuurwapenlisensie-aansoeke as ammunisie gebruik om die parlement te oortuig dat die polisie nie in staat is om met dié belangrike taak te kan voortgaan nie.

Wetsgehoorsame vuurwapeneienaars en voornemende eienaars, asook die organisasies deur wie hulle verteenwoordig word, moet die Suid-Afrikaanse Polisiediens se onlangse erkenning van sy tekortkominge in die hantering van vuurwapenlisensie-aansoeke as ammunisie gebruik om die parlement te oortuig dat die polisie nie geskik is om dié belangrike taak voort te sit nie.

Só sê mnr. Paul Oxley, nasionale voorsitter van Gun Owners South Africa (GOSA), nadat die polisie se registrateur van vuurwapens, brig. Lucky Mabule, vroeër vandeesmaand ’n “insiggewende kennisgewing” aan “alle belanghebbendes van vuurwapens” uitgereik het.

Hierin het Mabule ’n reeks probleme van die sentrale vuurwapenregister en die vuurwapenbeamptes in polisiekantore uitgelig, wat glo tot die groot agterstand in die verwerking van aansoeke om vuurwapenlisensies bydra.

Die probleme sluit in verslae van vuurwapenbeamptes wat nie sulke aansoeke op die stelsel invoer nie omdat hulle “nie onder regstreekse toesig en beheer” van die hoof van die vuurwapenregister is nie, personeel van die register wat teen 50% van hul vermoë werk, vertragings met die verkryging van ballistiese verslae vir vuurwapens waarvoor lisensie-aansoeke ingedien is ná die amnestietydperke van 2017 en 2020-’21, die tyd wat dit die polisie kos om vas te stel of ’n vuurwapen vir misdaad gebruik is, en ook dat baie aansoekers nie die nodige inligting akkuraat verstrek nie.

Mabule skryf in die kennisgewing ’n aansoeker moet toesien dat die aangewese vuurwapenbeampte die aansoek op die stelsel laai. Indien ’n aansoeker nie ’n verwysingsnommer via SMS ontvang het nie, moet hy onmiddellik die beampte versoek om die aansoek vas te lê, of die saak “op die beskikbare wyse eskaleer”.

ERKENNING

Oxley sê Mabule se versoek aan die publiek om die vuurwapenregister by te staan, is ’n erkenning dat die polisie nie sy personeel en prosesse vir aansoeke om vuurwapenlisensies kan bestuur nie.

Mnr. Fred Camphor, uitvoerende hoofbeampte van die SA Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters), sê in ’n verklaring dit is absurd dat aansoekers om vuurwapenlisensies moet verseker dat die polisie die aansoekinligting korrek laai.

In voorleggings aan die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie is gesê 188 296 vaardigheidsertifikate vir vuurwapens, 138 908 aansoeke om vuurwapenlisensies en 86 000 vuurwapens wat nog verwerk moes word rakende die amnestietydperke, is agterstallig.

Hy sê volgens SA Jagters se ervaring duur dit 12 tot 18 maande om vaardigheidsaansoeke af te handel, ongeveer 12 maande om die aansoek om ’n nuwe vuurwapenlisensie te verwerk, en ses tot agt maande vir die verwerking van aansoeke om die hernuwing van vuurwapenlisensies. 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.10
-0.8%
Rand - Pond
20.18
-1.2%
Rand - Euro
17.73
-0.7%
Rand - Aus dollar
11.57
+0.8%
Rand - Jen
0.12
-0.5%
Goud
1,662.33
+0.1%
Silwer
19.03
+1.1%
Palladium
2,167.00
-1.8%
Platinum
864.26
-0.4%
Brent-ruolie
88.49
-0.9%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot