AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Wapenwet kan geweld laat opvlam

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens kan geweld vererger, sê die Mediese Navorsingsraad.

Die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens kan geweld teen vroue en kinders vererger, sê die Mediese Navorsingsraad.

Luidens ’n berig in Die Burger (7 Desember 2011) sê dr. Naeemah Abrahams, ’n navorser verbonde aan die raad, dié wysigings moet tot elke prys teengestaan word.


Van die wysigings behels dat die ouderdom vir ’n persoon aan wie ’n lisensie toegestaan mag word, verlaag moet word. Verder stel dit voor dat die aantal vuurwapens per persoon verhoog moet word.

Abrahams, wat Dinsdag (6 Desember 2011) een van die sprekers by ’n bespreking van die veldtog teen geweld teen vroue en kinders by die Saartjie Baartman-sentrum was, sê die instelling van dié wet het gehelp om die aantal misdade met vuurwapens te laat afneem.


Veiligheid

Abrahams sê die opvatting dat vuurwapens vir veiligheid in huise gehou word, is vals. Sy sê as vroue nie met vuurwapens vermoor word nie, word dit gebruik om hulle te intimideer en soms tot onderdanigheid te dwing.


Navorsing het glo bewys dat vuurwapens ’n rol gespeel het in tot 40% van beëdigde verklarings oor geweld wat deur vroue in die Wes-Kaap afgelê word.

Die koerant berig dat in die bespreking ook verwys is na navorsing wat aantoon dat ’n meisie wat in Suid-Afrika gebore word, ’n groter kans het om verkrag te word as om te leer lees.


Vuurwapen nie misdadiger

Intussen sê mnr. André Botha, voorsitter van Agri SA se landelike veiligheidskomitee, as daar na dié wetgewing gekyk word, moet dit altyd in gedagte gehou word “dis nie die vuurwapen wat die misdaad gepleeg het nie.”


Hy sê tweedens moet onthou word dat dié mense wat om ’n wapenlisensie aansoek doen, deur ’n streng keuringsproses moet gaan voor dat dit aan hulle toegestaan word.


“So, as die staat sy werk reg doen en die wet behoorlik toepas, sal vuurwapens nie in die hande van die verkeerde mense beland nie,” verduidelik Botha.

“Dalk moet die Regering begin om hand in eie boesem te steek en te kyk na die verval van ons samelewing, want hy hou aan om verantwoordelike landsburgers aan bande te lê, terwyl sommige misdadigers al hoe meer kanse vat!”


Bron: Die Burger


8 Desember 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Waarna soek jy
Hoekom is mense hier en kan aanlyn vir jou die antwoord wees Kom ons kyk, en nou kan mense in die boere taal gesels
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot