AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Ware begunstigdes van Gwatyu-grond moet vasgestel word

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die portefeuljekomitee het ’n week lange oorsig in Gwatyu gedoen. Foto: Zwelethemba Kostile
Die portefeuljekomitee het ’n week lange oorsig in Gwatyu gedoen. Foto: Zwelethemba Kostile
Die portefeuljekomitee het ’n week lange oorsig in Gwatyu gedoen.

Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling moet onmiddellik ondersoek doen na wie die regmatige begunstigdes van die grond in Gwatyu, in die Oos-Kaap is, het mnr. Mandla Mandela, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, versoek.

Daar is reeds etlike jare struwelinge onder gemeenskapslede oor wie verblyfreg op die grond het. Pogings van amptenare van die departement om vergaderings met die gemeenskap te hou, het soms in geweld ontaard.

Die portefeuljekomitee het ’n week lange oorsig in Gwatyu gedoen.

Mnr. Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het die komitee ingelig dat die werk van die departement verhinder word deur geweld en dreigemente teen amptenare deur sommige gemeenskapslede wanneer die amptenare probeer om inligting by huishoudings in te samel. Amptenare moes al met polisiebeskerming na die gebied gaan.

Die komitee het eers besoek gebring aan koning Dalimvula Matanzima van die westelike Temboeland om ’n geskiedkundige weergawe van die verplasing van die gemeenskappe van Gwatyu te kry. Daarna is hy ingelig deur die nasionale en provinsiale departemente van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor wat die situasie is.

Gwatyu,
Die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het Gwatyu in die Oos-Kaap besoek in ’n poging om verblyfsekerheid vir die regmatige begunstigdes van die grond te verseker. Van links is mnr. Mcebisi Skwatsha, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, sy mede-adjunkminister, me. Nokuzola Capa, koning Dalimvula Matanzima en hoofman Mandla Mandela, voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. Foto: Sureshinee Govender

Grondeis afgekeur

Die komitee het gehoor dat daar geen wetlike gemeenskapseienaarsvereniging is nie en dat pogings van die departement om in te gryp onsuksesvol was.

Me. Nokuzola Capa, adjunkminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het gesê toe die departement die gemeenskap besoek het om die regmatige begunstigdes van die grond vas te stel, was daar mense met hul eie agenda wat die grond vir hul eie voordeel wil besit.

Volgens die kommissie vir die herstel van grondregte het die AmaTshatshu-tradisionele raad ’n grondeis vir Gwatyu ingestel, maar die eis het nie voldoen aan die 1913-afsnydatum nie. Die voormalige plaaswerkers en huurarbeiders het ook bewoningsreg tot die grond.

Mandela het gesê die verwerping van hul eis vir hul voorvaderlike grond op die grond van die 1913-afsnydatum kom op growwe ongeregtigheid neer en dat die 1913-afsnydatum hersien moet word.

Me. Wilmien Wicombe van die regshulpsentrum het gesê die gemeenskap wag al 25 jaar vir verblyfsekerheid. Sy het benadruk dat die gemeenskapslede wat sy verteenwoordig, ingevolge die Wet op die Tussentydse Beskerming van Informele Regte (Wet 31 van 1996) verblyfreg het.

Plase

Die Gwatyu-plase bestaan uit 91 eiendomme waarvan 88 aan die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en 3 aan die departement van openbare werke behoort, insluitend die skool. Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingstrust het die plase van 1975 tot 1979 bekom vir die konsolidering van die Transkei-tuisland.

’n Ondersoek na grondregte wat in Oktober 2020 voltooi is, het bevind dat voormalige plaaswerkers van die vorige huurders van die grond en mense wat deur die bewoners genooi is om daar te bly, verblyfreg het. Dieselfde geld ander mense wat by die AmaTshatshu- tradisionele raad toestemming gekry het om daar te bly. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot