AFGRI
BEAN
30 Sep
-
9356
0,00
CORN
30 Sep
-
4788
0,00
SOYA
30 Sep
-
9237
0,00
SUNS
30 Sep
-
10015
0,00
WEAT
30 Sep
-
7120
0,00
WMAZ
30 Sep
-
4818
0,00
YMAZ
30 Sep
-
4760
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wat gebeur as SA rommelstatus bereik?

Die swakker ekonomiese vooruitsigte wat met ’n verkiesingsjaar saamval, kan kredietagentskappe onseker laat voel.

Die kredietgraderingsagentskap Moody’s het nié Suid-Afrika se kredietgradering tot rommelstatus verlaag nie. Standard & Poor’s maak sy bevinding aanstaande maand bekend. Gaan hy Suid-Afrika dalk afgradeer? Waarna kyk kredietagentskappe en wat beteken ’n afgradering?

Kredietagentskappe lê klem op aspekte wat lande meer of minder aantreklik vir beleggers maak, veral ekonomiese groei, die tekort op die lopende rekening en of regeringskuld onder beheer is. Kom ons kyk na die stand van die sake wat Suid-Afrika se kredietgradering kan raak.

Regeringskuld

In 2013 het regeringskuld 43,9% van die bruto binnelandse produk beloop. Dié skuldvlakke het sedertdien tot 50,9% in 2016 toegeneem. Na verwagting sal regeringskuld in 2017 tot 51% toeneem. Hoewel die 2016-begrotingsrede die voortsetting van streng fiskale dissipline beklemtoon het, heers daar kommer oor die uitvoering van die voorgestelde maatstawwe om dié discipline te bereik.

Groter risiko: Aanduidings dat regeringskuld eerder afneem sou welkom wees. Die stand van regeringskuld verhoog die waarskynlikheid van ’n afgradering.

Vooruitsigte

Suid-Afrika se ekonomie word tans gekenmerk deur die droogte, ’n tekort aan waterhulpbronne, lae opvoedingspeile, swak dienslewering en onvoldoende elektrisiteitsvoorsiening.

Dit lei alles tot trae ekonomiese groei met ’n swak vooruitsig. Die huidige ekonomiese groeikoers beloop 0,6% van die bruto binnelandse produk. Die verwagting is dat ekonomiese groei na die einde van 2016 tot 0,9% kan verbeter.

Die agentskappe neem hierdie faktore in ag, asook voorgestelde toekomstige beleidsveranderinge wat ekonomiese groei nadelig kan raak. Opvattings neem toe dat die produktiewe benutting van beperkte landbougrond nadelig deur beleid oor eiendomsreg geraak kan word. Die toepassing van onoordeelkundige beleid kan die landbou se bydrae tot ekonomiese groei beperk. Sulke ongunstige opvattings verhoog die kans op ’n afgradering.

Mediumrisiko: Gegrond op ekonomiese groeivooruitsigte is die risiko en waarskynlikheid vir ’n moontlike kredietafgradering op mediumvlak.

Begrotingstekort

Die goeie nuus is dat Suid-Afrika se begrotingstekortsyfer vir Maart effens beter is as verwag en laer as die oorspronklike begrote syfer. Die begrotingstekort van R18,4 miljard vir Maart is in ooreenstemming met seisoenale neigings.

Die totale begrotingstekort aan die einde van Maart 2016 is teen R169,8 miljard ’n verbetering van R3 miljard op die oorspronklike begrotingstekortteiken vir 2015/’16. Dít is ten spyte van ’n totale begrotingsinkomste wat R6 miljard te min was. Die begrotingstekort as ’n persentasie van die bruto binnelandse produk beloop 4,2%.

Kleiner risiko: Dit is ’n goeie teken. Hopelik sal dit kredietgraderingsagentskappe se hersiening gunstig beïnvloed en die waarskynlikheid en risiko van ’n kredietafgradering verlaag.

Lopende rekening

Die tekort op die lopende rekening beteken Suid-Afrika se uitgawes wat aan handel verbind word, oorskry die inkomste uit handel. Die tekort op die lopende rekening het teen die einde van 2015 ongeveer 5,1% van die bruto binnelandse produk beloop.

Die tekort op die lopende rekening behoort na verwagting teen die einde van 2016 ongeveer 4,3% van die bruto binnelandse produk te beloop. Rentekoerse sal relatief hoog moet bly om die uitvloei van oorsese beleggingskapitaal te keer. Dit sal ook nodig wees om die plaaslike vraag na ingevoerde goedere te beperk en beleggingsmoontlikhede in Suid-Afirka aantreklik te hou.

Kleiner risiko: Die vooruitsig dat die tekort op die lopende rekening kan verklein, behoort konstruktief in te werk op die kredietgraderingsagentskappe se hersiening en behoort die waarskynlikheid en risiko van ’n kredietafgradering te verlaag.

Politieke landskap

Finansiële markte se aptyt om verdere risiko’s te loop is wêreldwyd laag. Die invloed daarvan op beleggingsbesluite kan maklik na Suid-Afrika oorspoel en die plaaslike finansiële markte nadelig beïnvloed.

’n Voorbeeld is ongunstige opvattings oor die risiko’s wat Suid-Afrika se politieke omgewing vir beleggers inhou. Indien nadelige gebeure op ons politieke landskap beleggers ongemaklik laat voel, kan dit tot hoër onbestendigheid op plaaslike finansiële markte lei.

Terwyl Suid-Afrika se finansiële stelsels in posisie sal bly, sal ’n toename in die uitvloei van beleggingskapitaal waargeneem word. As die toename in politieke risiko en verhoogde kapitaaluitvloei met ’n kredietafgradering sou saamval, is die verwagting dat die tekort op die lopende rekening verder gaan verhoog.

In dié omstandighede kan die rand verder verswak, inflasie sal styg omdat invoer duurder word en rentekoerse sal hoër word omdat die Reserwebank die maatstaf sal toepas om die rand se waarde te probeer beskerm. Ekonomiese groei sal daal en minder mense sal in diens geneem kan word.

Groter risiko: Die swakker ekonomiese vooruitsigte wat met ’n verkiesingsjaar saamval, kan kredietagentskappe onseker laat voel en die waarskynlikheid en risiko van ’n kredietafgradering verhoog.

Gevolgtrekking

Die Reserwebank se onlangse finansiële stabiliteitsoorsig beklemtoon Suid-Afrika se banke is gesond en dat ons op bestendige finansiële stelsels kan reken in die moeiliker ekonomiese tydperk wat tot einde 2017 voorlê.

Suid-Afrika se potensiaal vir ekonomiese groei is dus steeds groot indien Suid-Afrikaners die land se uitdagings met ’n optimistiese ingesteldheid en klem op ekonomiese groei kan aanpak.

  • Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigheid.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
-0.8%
Rand - Pond
20.21
-0.0%
Rand - Euro
17.74
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,660.90
0.0%
Silwer
19.03
0.0%
Palladium
2,166.50
0.0%
Platinum
864.50
0.0%
Brent-ruolie
85.14
-2.4%
Top-40
57,390
+0.8%
Alle aandele
63,726
+0.7%
Hulpbronne 10
60,230
+0.7%
Industriële 25
77,400
+0.8%
Finansiële 15
13,796
+0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
soek omgee maatjie, saam rondloop maatjie, sommer stilsit maatjie
Probeer hard om 'n ware omgee christen te wees wat graag deel. Kan skuins snaaks wees en geniet goeie gesels met iemand wat ook met woorde kan speel.
Sterrekyker
Ongekompliseerd, eerlik, opreg, liefdevol. Wat jy sien is wat jy kry. Stel gewoonlik ander voor myself. My familie en naby vriende is baie belangrik vir my, en ek sal enigiers...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot