“En as jy reg onthou, was dit ook die hooftema van Graan SA se kongres in Maart vanjaar. Dis baie belangrik,” sê mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA.
Luidens ’n berig op TheGuardian.com bestaan ’n reuse-verkeersknoop in die Swartsee soos wat die skepe wag om deur die Donaurivier te seil, terwyl onderhandelaars van Rusland, Oekraïne, die Verenigde Nasies en Turkye in Istanboel vergader om te onderhandel oor Oekraïne se uitvoer.
Die skepe wag om toegang te verkry tot uitgangsroetes deur die Sulina- en Bystre-riviermondkanale om by ’n reeks hawens en terminale in Roemenië aan te doen vanwaar die graan oor die hele wêreld versprei kan word, te midde van toenemende wêreldwye kommer oor Rusland wat Oekraïense uitvoer deur die Swartsee blokkeer.