AFGRI
BEAN
27 Sep
-
9634
0,00
CORN
27 Sep
-
4759
-49,00
SOYA
27 Sep
-
9430
52,00
SUNS
27 Sep
-
9871
-97,00
WEAT
27 Sep
-
7065
7,00
WMAZ
27 Sep
-
4842
-24,00
YMAZ
27 Sep
-
4777
-21,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wat is effek van Mexiko se wit mielies?

Baie produsente vertrou nie meer dié manier waarop mieliepryse op die JSE vasgestel word nie, sê ? navorser.

Boere in Suid-Afrika het gedurende 2015/’16 een van die ergste droogtes nog beleef. Een van die gevolge daarvan was dat witmielie-aanplantings met 'n derde gedaal het. Hoewel geel mielies van tyd tot tyd ingevoer word, was diepsee-invoer van wit mielies ook nodig.

Wit mielies word nie, soos geel mielies, op groot skaal regdeur die wêreld verbou nie. Dit is gevolglik nie internasionaal so geredelik beskikbaar soos geel mielies nie. Verlede jaar was daar deurentyd onsekerheid oor die beskikbaarheid daarvan (aanvanklike beramings het die tekort op 1 miljoen ton geskat). Doemprofete het selfs verkondig dat 6 tot 7 miljoen ton (wit en geel) mielies ingevoer sal moet word.

Wit mielies is uiteindelik uit Mexiko en die VSA ingevoer om die plaaslike tekort aan te vul.

Heelwat bespiegelings

Afgesien van beskikbaarheid, was daar ook heelwat bespiegelings en gerugte oor die kwaliteit van ingevoerde wit mielies. Daar was selfs berigte van wit mielies op 'n skip waarvan die vrag só vrot was dat dit nie kon aflaai nie en moes omdraai. Hoewel die ingevoerde- en plaaslike wit mielies dieselfde kan gradeer, het meulenaars die ingevoerde mielies sover moontlik vermy. Volgens Sagis-syfers het in Januarie 2017 laas wit mielies van Mexiko af die land ingekom, met totale invoere van 650 000 ton.

'n Mieliejaar strek vanaf 1 Mei tot 30 April die volgende jaar. Indien skattings oor verbruik en produsentelewerings gemaak word, lyk dit asof net 300 000 ton van die 650 000 ton ingevoerde wit mielies tot einde April 2017 in Suid-Afrika opgeneem sal word. As aanvaar word dat witmielie-verbruikers sover moontlik plaaslike mielies gebruik het, behoort die wit-eindvoorraad byna uitsluitlik uit ingevoerde mielies te bestaan.

Dit wil voorkom asof hierdie boekvoorraad wat tans in plaaslike silo’s gestoor word, weer op vragmotors gelaai en terug na Durban toe vervoer word. Daarvandaan is dit op pad na Oos-Afrika, dalk na Tanzanië toe. Ander gerugte is dat ingevoerde wit mielies plaaslik teen groot diskonto’s as veevoer verkoop word.

Wat was die koste?

Wat was die werklike koste van 300 000 ton ingevoerde wit mielies? Die Amerikaanse dollar-aankoopprys per ton was die minste. Dit was dalk indirek, maar die eintlike koste was verlede jaar se deurmekaar prysjaar vir wit mielies. Die gevolge van die ongewone prysbewegings (uit die gewone markdeelnemer se oogpunt) was verreikend. Die meeste markdeelnemers het nie 'n idee gehad wat ingevoerde wit mielies kos nie, of wat die praktiese implikasies van ingevoerde wit mielies op JSE lewerings is, of hoe groot die tekort regtig is nie.

Afgesien van baie geld wat op die JSE verloor is (dieselfde hoeveelheid is natuurlik ook gemaak – die vraag is net: Wie was 2016 se wenners?). Het dit ook die res van die mieliemark beskadig?  Produsente is nie betaal nie, kontrakte is nie nagekom nie, en bemarkingsinstellings het reuse-verliese gely of is gelikwideer.

Hoewel dit net persepsies is, is die grootste skade dalk die reputasie van die huidige graanbemarking stelsel in Suid-Afrika. Gedagtes dat die JSE gemanipuleer word, was in 2016 seker die hoogste nog. Baie produsente vertrou nie meer dié manier waarop mieliepryse bepaal word nie.

Hoe om dit te vermy

Wat kan gedoen word om 'n soortgelyke situasie in die toekoms te vermy? Dalk is ander graderingsregulasies die beginpunt. Dit maak nie sin dat meulenaars 'n een WM1-mielie bo 'n ander verkies nie. Miskien moet invoer meer deursigtig gemaak word in terme van hoeveelhede, pryse en watter deel dit van die “open interest” op die JSE uitmaak.

Uitsprake oor invoerskattings moet met verantwoordelikheid gedoen word. Die korttermyn voordele van sensasionele oordrywings is op die ou end nie die moeite werd nie.

Die 300 000 ton ingevoerde wit mielies wat werklik gebruik is, maak omtrent 7% van die totale plaaslike mark uit. Die effek daarvan was baie groter. Hopelik sal die lesse wat vanjaar geleer is, goed gebruik kan word wanneer wit mielies weer van oorsee af ingevoer word.

* Geskryf deur Johann Strauss, navorser by BVG Commodities

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.04
+0.2%
Rand - Pond
19.28
+0.3%
Rand - Euro
17.29
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.58
+0.8%
Rand - Jen
0.12
+0.4%
Goud
1,631.00
+0.5%
Silwer
18.42
+0.4%
Palladium
2,070.62
+1.4%
Platinum
851.85
-0.1%
Brent-ruolie
84.06
-2.5%
Top-40
57,621
+0.6%
Alle aandele
64,026
+0.6%
Hulpbronne 10
56,997
+1.4%
Industriële 25
79,272
-0.3%
Finansiële 15
14,209
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lief vir die lewe
Introvert. Dry sence of humor. [geskrap] Hou van buite lewe. [geskrap]Braai stap bos en see. Hou van land deur toer op n motorfiets[geskrap]
Dit is tyd om my horisone te verbreedt
Ek is vriendelik, aantreklik werk baie hard en verdien n bietjie geluk in die lewe. Ek is baie romanties maar deur die jare het dit by die afterdeur uitgegaan.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot