
Op verlede jaar se Nampo-Oesdag het die Suiwel-Switsertelersgenootskap van Suid-Afrika 'n geregistreerde verskalf uitgeloot.
Die doel daarmee was om belangstelling in die ras aan te wakker. Deelnemers moes vir die kalf 'n naam kies. Aan die einde van die week is die wenner deur 'n trekking bepaal.
Die kalf is toe geregistreer met die naam wat die wenner gekies het, en op die nuwe eienaar se naam oorgedra.
Die 2010-wenner, mev. Antoinette du Preez van Rustenburg, het 'n baie oorspronklike en vanpaste naam gekies: Sysmyne.
Die Fyngoud Suiwel-Switserstoetery van Sannieshof het die verskalf geskenk.
Daar was byna 300 inskrywings. Interessante name wat voorgestel is, is Caramel Kiss, Milkstout, Daisy de Melker en Ayoba. Die gewildste name was Giselle, Edelweis, Clara en natuurlik Heidi.
Met vanjaar se Oesdag gaan weer só gemaak word. Almal word genooi om solank aan name te dink en die stalletjie van die genootskap in die Beeskompleks te besoek.
As die nuwe eienaar nie die geriewe het om die kalf groot te maak nie, het die skenker van die kalf onderneem om die kalf tot speen groot te maak.
5 Mei 2011