AFGRI
BEAN
04 Okt
-
9192
-138,00
CORN
04 Okt
-
4891
-69,00
SOYA
04 Okt
-
9287
-78,00
SUNS
04 Okt
-
10215
35,00
WEAT
04 Okt
-
7166
-33,00
WMAZ
04 Okt
-
4923
-61,00
YMAZ
04 Okt
-
4868
-62,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Waterkanaal by Kirkwood gee mee

Sowat 26 ha van mnr. Hannes Joubert se sitrusboorde is oorstroom en lê onder ’n dik laag slik, ná 'n kanaalbreuk in die Sondagsrivier-besproeiingstelsel plaasgevind het.

Duisende rande se skade is aangerig toe die hoofkanaal tussen Kirkwood en die Scheepersvlaktedam, aan die noordelike kant van die Sondagsrivier-besproeiingstelsel, Woensdagmiddag meegegee het en sitrusboorde oorstroom het. Die kanaal verskaf ook water aan besproeiingsboere by Addo en die Nelson Mandela-metropool.

Mnr. Hannes Joubert van Habata-boerdery by Kirkwood, sê sowat 26 ha van sy suurlemoen- en Tangoboorde op sy plaas waar die kanaal gebreek het, is oorstroom en lê onder ’n dik laag slik. “Dit is net genade dat dit in die dag gebeur het en die water in die kanaal vinnig afgekeer kon word, anders sou die skade veel groter gewees het.”

Volgens Joubert voorsien die kanaal, wat in 1986 gebou is, water aan sowat 8 000 ha sitrus- en ander gewasse wat by Addo en Barkly Brug verbou word. “Dit wys maar net weer watter risiko’s daar aan die landbou verbonde is.”

Herstel

Mnr. Harms du Plessis, die hoofuitvoerende beampte van die Sondagsrivier-watergebruikersvereniging op Kirkwood, sê gebeurlikheidsplanne is reeds in werking gestel om die water in die kanaal te herlei om te verseker dat boere en die Baai so spoedig moontlik weer van water voorsien kan word.

“Ons hoop dat die noodherstelwerk wat deur instandhoudingspanne van Waterwese en Sanitasie gedoen sal word, binne 10 dae voltooi sal wees. Om die kanaal te herstel, sal egter maande duur aangesien duisende kubieke meters grond vir opvulwerk gevind sal moet word waar die kanaal meegegee het."

Waterverliese kon tot die minimum beperk word deur die sluise by die Koransdrift-uitkeerwal na ander dele van die Sondagsrivier-besproeiingstelsel te herlei.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.63
+1.2%
Rand - Pond
20.23
-0.2%
Rand - Euro
17.61
-0.5%
Rand - Aus dollar
11.47
+1.3%
Rand - Jen
0.12
+0.8%
Goud
1,726.04
+1.5%
Silwer
21.05
+1.6%
Palladium
2,321.00
+4.3%
Platinum
934.50
+3.3%
Brent-ruolie
88.86
+4.2%
Top-40
59,840
+3.3%
Alle aandele
66,313
+3.2%
Hulpbronne 10
64,568
+4.5%
Industriële 25
80,073
+3.2%
Finansiële 15
14,053
+1.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vrystaat plaas boertjie opsiek na sy versie
Ek is lewens lustig en altyd 'n bok vir sports Lief vir die buite lewe soos kamp visvang en bike ry
Boeremeisie wat nie in die stad sal aard nie
Ek is n kind van God, n ekstrovert wat n sagte hart het. Ek hou van dans, vis vang, grond onder my voete en die buitelewe. Ek is op my gelukkigste in my skaapkraal. Ek is...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot