
’n Nuwe webwerf bied ‘n interaktiewe formaat vir boere en wetenskaplikes om kennis oor weerstandige onkruide te verbreed.
Die ontwikkeling van onkruiddoderweerstand, veral teen die glifosaat-gebaseerde onkruide, het navorsers aan die Universiteit van Pretoria genoop om, as deel van die Monsanto/Business Enterprises at UP Collaborative Research Programme, ‘n webblad vir die Suid-Afrikaanse Onkruiddoderweerstandsnavorsingsinisiatief (SAHI) te skep om sodoende kennis en ervaring van navorsers, kenners en boere oor weerstandigheid teen onkruiddoders te deel en te verbreed.
Volgens prof. Charlie Reinhardt, projekleier van die program, sal die webwerf die kommunikasiegaping tussen navorsers, boere en maatskappye oorbrug om sodoende die uitdagings wat deur onkruiddoderweerstandige onkruide gebied word te help oorkom.
Die webwerf sal inligting oordra, asook inligting dra rakende aktuele sake wat met onkruiddoderweerstandige onkruide te doen het. Kennis wat op beide plaaslike en internasionale vlak gegenereer word, beide deur wetenskaplike navorsing en deur boere se ervaring, sal gedeel word op die landbou-gemeenskap op maniere wat die kennis relevant maak vir die landbou-omgewing.
Interaktiewe kommunikasie word ook gestimuleer sodat die kennis en ervaring van boere en verteenwoordigers ook in die gesprek betrek word.
Een van die webwerf se fokusgebiede is om samewerking tussen boere en maatskappye te bevorder in ‘n opname om onkruide wat moeilik is om te beheer, landswyd te identifiseer.
Deelnemers aan die opname sal genooi word om inligting en foto’s by te dra van onkruide wat hulle meen veral problematies is. Op hieride manier sal die groter prentjie aangaande belangrike onkruide in verskillende aanplantingsgebiede en geografiese omgewings geskep word.
Kenners kan die versamelde inligting vertolk met die oog daarop om die beste maniere te vind om met die kwessie te werk. Dit mag dalk selfs wees dat die voorkoms groter is as bloot onkruidbeheer as sulks en kan dan deur middel van ‘n spanpoging, wat spesialiste van verskillende kennisvelde betrek.
“Ons erken die behoefte vir verbeterde interaksie tussen maatskappye en produsente op hierdie kwessie in Suid-Afrika en glo dat die SAHRI se webwerf 'n wesenlike bydrae sal lewer tot die bewusmakingsveldtog, sowel as die verfyning van strategieë vir weerstandigheidsbestuur,” sê Reinhardt.
Klik hier om die webwerf te besoek.