AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9600
0,00
CORN
03 Feb
-
4600
0,00
SOYA
03 Feb
-
9571
0,00
SUNS
03 Feb
-
11718
0,00
WEAT
03 Feb
-
6685
0,00
WMAZ
03 Feb
-
4372
0,00
YMAZ
03 Feb
-
4397
0,00

Weermag in April langs Lesotho-grens

Soldate sal vanaf 1 April by die Lesotho-grens ontplooi word, het me. Lindiwe Sisulu, Minister vir Verdediging en Militêre Veterane, aangekondig.

Soldate sal vanaf 1 April by die Lesotho-grens ontplooi word, het me. Lindiwe Sisulu, Minister vir Verdediging en Militêre Veterane, aangekondig. Boere wat langs die grens geleë is, gaan erg gebuk onder oorgrensmisdaad weens ‘n gebrek aan polisiëring en ‘n gebrekkige grensheining.

Sisulu, wat ook die voorsitter van die Groepering vir Internasionale Samewerking, Handel en Sekuriteit is, het aangedui dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) reeds op die grense met Zimbabwe, Botswana, Mosambiek en Namibië ontplooi is.

“Ons wil 4 800km grens teen die einde van 2013 dek.” Sy het gesê dat die SANW reeds opmerkbare sukses sedert sy ontplooiing op die grense gehad het.

“Boere en sakemense langs die grens het ‘n afname in oorgrensmisdaad meegedeel en verskeie inhegtenisnemings is gedoen wat ‘n groot impak op sindikate gemaak het wat onwettig met goedere en gesteelde voertuie handeldryf.”

Die SANW in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Polisiediens werk saam met die lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) om oorgrensmisdaad te ondersoek en te stop.

Sisulu het ook aangekondig dat daar begin is om soldate in die Kruger-wildtuin te ontplooi om die grens met Mosambiek en Zimbabwe te bewaak. Die land se nasionale parke het verlede jaar 251 renosters weens stropery verloor.

Die ontplooiing van die soldate in die park is egter nie net om renosterstropery te keer nie, maar ook om ander misdade te bekamp om sodoende veilige toerisme te verseker. Verder ook om die onwettige beweging van mense en goedere hierlangs te stop, het Sisulu gesê.

23 Februarie 2011

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
One life.... Live it
Gemaklike persoon met beginsels en waardes. Te laat vir voorgee, ek is gelukkig in my eie vel en wat die lewe nog vir my inhou. Ek kan wissel van diep seun na baie sosiaal en is...
Kom ons sien wat gebeur
Wel eks nie iemand wat oordeel nie. Wees jouself. Ek luister graag. Eerlik en opreg en hou nie van jok nie. [removed]
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot