AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Weerpatrone laat kundiges kopkrap

Selfs weervoorspellers het deesdae 'n wag-en-sien-houding as dit kom by reënvalverwagtings.

Weens klimaatsverandering, wat skommelings in weerpatrone meebring, word dit al hoe moeiliker om die weer te voorspel.

Mnr. Cobus Olivier, voorspellingswetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê weervoorspellers sukkel om reënval te voorspel, want nie eens klimaatmodelle kan akkurate voorspellings maak nie.

“Die winterreënval is baie moeilik om te voorspel, veral wanneer modelle dit nie eers kan voorspel nie.”

Daar is wel ’n aanduiding dat die water-sisteem in die Suidelike Oseaan dalk reën in Augustus en September vir die Wes-Kaap kan bring, maar dit kan nie met vertroue voorspel word nie. Vir die Oos-Kaap is daar geen tekens van bo- of ondernormale reënval nie.

Waterkrisis

In die Wes-Kaap staan gemiddelde damvlakke op 29.4%, teenoor 57.7% verlede jaar. Volgens Olivier is die Wes-Kaap afhanklik van koue fronte wat reën bring.

“Die bietjies-bietjies reën wat veral in die Wes-Kaap voorkom, is gewoonlik die reën wat die land nie heeltemal bereik nie, maar wat by die suidelike kusgebiede deurkom,” sê hy.

Volgens mev. Jeanne Boshoff, woordvoerder van Agri-Wes-Kaap, is landboutoestande steeds onveranderd en het sommige plekke geen beskikbare weiding oor nie, veral in die ekstensiewe landbougebiede van die Weskus en die Sentraal-Karoo.

Boshoff sê al kry die gebiede goeie reën, gaan weiding maande vat om te herstel. “Graanprodusente het reën krities nodig en opgaardamme en plaasdamme is óf leeg óf op kritieke lae vlakke,” sê sy.

Die domino-uitwerking wat die droogte op die ekonomie van die landelike gebiede het, is ook 'n bron van kommer, want die droogte affekteer alle inwoners, nie net boere nie.

Beter in die noorde

In die Oos-Kaap is damvlakke gemiddeld 56.1% en 53.1% in KwaZulu-Natal.

In die res van die land gaan dit taamlik beter. Tans is die Noord-Kaap se damme 89,5% vol, Noord-Wes 85,2%, Vrystaat 80%, Mpumalanga 75,8%, Gauteng 87,8% en Limpopo 75,5%. Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbou-inligting by die landbousakekamer, sê die droogte het beslis ’n uitwerking op plaaswerkers en die breër gemeenskap.

Die Wes-Kaap dra sowat 22% tot die landbou se bruto binnelandse produk (BBP) by. Sowat 875 000 werksgeleenthede word in die landbousektor geskep, waarvan 25% uit die Wes-Kaap kom.

“As die weervoorspellings materialiseer, kan toestande verander. Intussen, moet ons wag en kyk wat gebeur,” sê Sihlobo

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.28
+1.4%
Rand - Pond
22.43
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.22
+1.2%
Rand - Jen
0.14
+0.5%
Platinum
981.98
+1.0%
Palladium
1,444.54
+2.7%
Goud
1,967.98
+1.4%
Silwer
22.93
+2.4%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Saam dinge aanpak !
Ek is n eerlikke opregte reguit man Hou nie van komplikasies nie Gryp die bul by die horings Hou van rondry en nuwe plekke plaaslik en oorsee besoek !! Positiewe uitkyk op lewe...
Blank
Ek is redelik jonk van gees. Hou van dans en kook. 'N sin vir humor is belangriker as 'n resiesfiets.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot