AFGRI
BEAN
03 Feb
-
9686,4
86,40
CORN
03 Feb
-
4500
-52,00
SOYA
03 Feb
-
8630
-17,00
SUNS
03 Feb
-
11093
-268,00
WEAT
03 Feb
-
6700
-28,00
WMAZ
03 Feb
-
4260
-27,00
YMAZ
03 Feb
-
4394
-27,00

Wees bedag op runderpes by kleinvee

Runderpes by kleinvee, wat die land se kuddegesondheid bedreig, kom reeds net bokant Angola voor.

Suid-Afrika moet hom voorberei teen die aanslag van Peste des petits ruminants (PPR), oftewel die runderpes van kleinvee, wat die land se kuddegesondheid bedreig.

Runderpes by kleinvee is ’n bedreiging wat oor die wêreld heen versprei en in Suider-Afrika reeds net bokant Angola voorkom.

Dr. Danie Odendaal  van Veeartsnetwerk  sê die kans dat dit suidwaarts kan versprei, is baie groot, aangesien wild wel uit dié dele verskuif word.

Odendaal het op die nasionale kongres van die Rooivleisprodusente-organisasie in Bloemfontein gesê ’n doeltreffende waarskuwingstelsel is nodig. “Dit behels dat elkeen wat voorvalle van PPR teëkom, moet bewus wees van die simptome en die nodige stappe om die verspreiding daarvan te stuit.”

Hy het ’n beroep op Dieregesondheid gedoen om sy gebeurlikheidsplan beter met die rolspelers soos die veeartse en veeprodusente op voetsoolvlak te deel. “Ons het nou tyd om ons voor te berei voor die eerste geval op eie bodem. Soos met die verwoestende voorkoms van slenkdalkoors in die onlangse verlede, kan diere nie tydens die uitbreking teen die siekte ingeënt word nie omdat dit te vinnig versprei,” sê hy.

Mnr. Bertus van Heerden, besturende direkteur  van Agri Inspec, sê die onlangs verskerpte maatreëls vir die invoer van lewende hawe uit buurlande word behoorlik toegepas. Hy het sy tevredenheid uitgespreek na ’n besoek aan grensposte en sê hy is vol vertroue dat die huidige invoerregulasies beter beheer oor die verspreiding van dieresiektes uitoefen. “Dit bied nou baie beter beskerming teen siektes as vantevore,” sê hy.

Dr. Mpho Maja, direkteur van Dieregesondheid, sê die rooivleisbedryf en veeprodusente bejeën nie dieregesondheid op plaasvlak met die nodige erns nie. “Dieregesondheid op plase word slegs as die verantwoordelikheid van die staat beskou,” sê sy. “Individuele boere moet die verantwoordelikheid aan die dag lê om onder meer nie diere van onbetroubare bronne aan te koop nie. Indien wel, moet aangekoopte diere eers afgesonder en vir siektes getoets word voordat hulle by die res van die kudde ingesluit word. Veeboere moet ook inentingsprogramme behoorlik nakom.”

JohanN

Sprekers op die 25ste nasionale RPO-kongres in Bloemfontein was van links mnr. Bertus van Heerden van Agri Inspec, dr. Mpho Maja, direkteur van Dieregesondheid, mnr. Ernst Janovsky van Absa en dr. Danie Odendaal  van Veeartsnetwerk. Foto: Johan Norval

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.48
-2.3%
Rand - Pond
21.07
-0.8%
Rand - Euro
18.88
-1.2%
Rand - Aus dollar
12.10
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
973.57
-5.0%
Palladium
1,621.00
-2.9%
Goud
1,865.26
-2.5%
Silwer
22.34
-4.8%
Brent-ruolie
82.17
-0.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wees net jouself
Wil graag die mooi in die lewe deel met iemand. Ek het n baie mooi hart so ontdek dit. Ek lewe voluit en maak die beste van die lewe.
Betroubare opregte mense is n maklike humoristiese mens en kom
Ek is n Vriendelike omgee mens met hope humor en Bae liefde vir my medemens. Geniet die buite lewe en vang graag vis en Kamp graag. H
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot