Boere moet tydig optree om plaasmoorde te voorkom, het mnr. Hennie Gerber, Vrystaat Landbou (VL) se inligtingshoof, gister aan boere gesê op ’n noodvergadering oor veiligheid wat op Tweeling gehou is.
Luidens 'n berig in Volksblad is die vergadering gehou na aanleiding van die onlangse moord op mnr. Helgard Muller van Frankfort. Die VL se inligtingsdiens het glo 227 moontlike aanvalle op plase in die afgelope agt jaar.
Gerber het ’n groot groep boere van die Oos-Vrystaat en omstreke toegespreek. Hy het die boere gemaan om altyd paraat te wees teen moontlike plaasaanvalle.
“Geen stelsel is ’n waarborg dat niks met jou gaan gebeur nie. Daarom moet julle betrokke raak en julself op die hoogte bring. Weet jy wat jy alles kan en mag doen?”
Bron: Volksblad
18 Maart 2011