AFGRI
BEAN
05 Okt
-
9016
0,00
CORN
05 Okt
-
4802
0,00
SOYA
05 Okt
-
9140
0,00
SUNS
05 Okt
-
10053
0,00
WEAT
05 Okt
-
7105
0,00
WMAZ
05 Okt
-
4830
0,00
YMAZ
05 Okt
-
4755
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
6,51
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
6,49
Beeste A2/3
23 Sep
-
61,35
1,18
Beeste AB2/3
23 Sep
-
57,52
-0,90
Beeste B2/3
23 Sep
-
54,36
-0,62
Beeste C2/3
23 Sep
-
49,33
-0,16
Bevrore Hoender
23 Sep
-
31,03
-0,42
Bokkies (onder 30 kg)
23 Sep
-
57,41
-12,27
Bokooie
23 Sep
-
42,5
-8,01
Groot (meer as 40 kg)
23 Sep
-
38,24
-2,32
Hoender (IQF)
23 Sep
-
29,75
-0,04
Medium (30-40kg)
23 Sep
-
43,05
-10,82
Pork Average
23 Sep
-
27,56
-0,96
Poultry Average
23 Sep
-
31,18
-0,26
Skaap A2/3
23 Sep
-
92,76
0,71
Skaap AB2/3
23 Sep
-
83,09
1,25
Skaap B2/3
23 Sep
-
79,11
2,51
Skaap C2/3
23 Sep
-
74,59
1,26
Speenkalf
23 Sep
-
38,25
-0,40
Spekvarke
23 Sep
-
28,73
-0,85
Stoorlammers
23 Sep
-
42,92
0,48
Varkwors
23 Sep
-
22,57
-0,30
Vars Hoender
23 Sep
-
32,75
-0,34
Vleisvarke
23 Sep
-
27,45
-0,93

Wees relevant eerder as groot – megaboer

Grondhervorming kan die land “plattrek en vernietig” as dit nie reg hanteer word nie, sê mnr Louis de Kock, megaboer van Barkley-Wes.

Om suksesvol te wees as boer het jy nie noodwendig die skaalvoordele nodig wat ’n groot plaas bied nie, maar relevansie en tegniek weeg baie swaarder.

Volgens mnr. Louis de Kock van Wildeklawer naby Barkley-Wes in die Noord-Kaap, moet ’n produsent eerder daarna streef om relevant te wees op ’n gegewe stuk grond , eerder as om “groot” te probeer wees.

“Iemand wat op 60 ha met aarbeie boer is ’n relevante boer in Suid-Afrika, maar nie iemand wat op 60 ha met mielies boer nie.”

Hy en sy vrou, Cora, het aan die Megaboer-gesprekreeks by die Stellenbosse Woordfees deelgeneem. Landbouweekblad was die mediaborg.

Hy sê grondbesit raak ’n beperkende faktor vir boere, maar om doeltreffendheid te verhoog, moet boere met tegnologie tred hou en jaarliks planne maak om te verbeter.  Volgens Louis het hulle heelwat lesse tydens die droogte gelewer.

Lesse geleer

“Ons lewer aan bekende groepe waarvoor volgehoue lewering nodig is. Die afgelope seisoen was taai en moeilik, maar dit was interessant hoeveel ek kon leer.”

Hy sê hulle ervaar soms vir ’n dag of twee temperature van 40 °C, maar vanjaar het die temperatuur dikwels vasgesteek by tot 45 °C.

“Ons moes aartappels, wortels en beet plant en die temperature wou nie daal nie. Ons weet daar is onderliggende probleme om te plant in sulke hitte, maar het nie uitklaring gehad oor wat kan werk nie. Uiteindelik het ek beet vier keer oorgeplant en elke keer iets anders probeer. Uiteindelik het ons met die vyfde keer se plant ’n manier gekry om bo 40 °C te plant. Eintlik het ek soveel geleer wat ek in die toekoms kan toepas. Boere se tegnieke en metodiek moet dus voortdurend ontwikkel, en dan eers kom plaasgrootte ter sprake.”

Volgens De Kock moet boere voortdurend op die uitkyk wees vir nuwe tegnologie.

Grondhervorming

“Grond kan nie groter raak nie. Dis ’n geweldige beperking, ook van die Regering se kant af.” Hy sê die Regering se voorgestelde grondplafonne gaan boere beperk wat ’n kapasiteit het om meer te doen.

“Ander besigheidsmanne word nie beperk nie, en dit sal boere wat groter wil uitbrei dwing om iets buite die landbou te gaan soek om te doen.”

Volgens De Kock word die Regering deur werklik komplekse probleme in die gesig gestaar.

“Aan die een kant is daar druk om kleinboere te vestig, maar aan die ander kant weet hulle dit kan nie eintlik werk in Suid-Afrika nie. Daar was ’n groot dryf aan die begin om grond oor te plaas, maar dit was onsuksesvol en het die hele proses gerem.”

Grondhervorming gaan volgens hom nie net oor grond nie, maar ook oor kundigheid en tegnologie.

‘Grondhervorming kan SA vernietig’

“Die intellektuele kapitaal wat in boere opgesluit is, is ongelooflik. Ek kan oor die bietjie groente wat ek plant twee of drie Bybels skryf. Die interessante ding is dat daar, veral oor groente, baie min opgeteken is waaroor ’n mens kan gaan oplees.”

Hy sê grondhervorming kan die land “plattrek en vernietig” as dit nie reg hanteer word nie. Hy sê ’n groot gros van die sowat 35 000 boere in die land is onder ekonomiese druk en kan nie ’n bydrae tot grondhervorming lewer nie.

“Dit kom neer op die skouers van ’n duisend tot tweeduisend boere van wie daar verwag word om dit te befonds en die opleiding en al die werk te doen. Is dit reg om dit van hulle te verwag en te dink jy gaan grondhervorming suksesvol regkry?”

Sy voorstel is dat grondhervorming gesamentlik – deur boere, die Regering en die finansiële instellings – aangepak word

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.77
-0.8%
Rand - Pond
20.13
+0.5%
Rand - Euro
17.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.55
-0.7%
Rand - Jen
0.12
-0.4%
Goud
1,715.78
-0.6%
Silwer
20.66
-1.9%
Palladium
2,260.50
-2.7%
Platinum
921.00
-1.3%
Brent-ruolie
91.80
+3.2%
Top-40
59,202
-1.1%
Alle aandele
65,613
-1.1%
Hulpbronne 10
63,687
-1.4%
Industriële 25
79,239
-1.1%
Finansiële 15
13,961
-0.7%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lus vir lekker lag
Ek is n hardwerkende man wat hou van avontuur en goeie geselskap, n lekker kuier en goeie vriende. Ek is oop vir nuwe dinge in die lewe.
The Real Deal
Well travelled, well spoken and the rest will be well known to you😉 How about a whole new approach to love? Soft spoken with a heart of gold. I'm a breath of...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot