AFGRI
BEAN
28 Sep
-
9340
-83,00
CORN
28 Sep
-
4851,2
34,20
SOYA
28 Sep
-
9364
-33,00
SUNS
28 Sep
-
9975
79,00
WEAT
28 Sep
-
7046
-7,00
WMAZ
28 Sep
-
4888
48,00
YMAZ
28 Sep
-
4737,8
55,80
AMT
Ave Wool - Non RWS
16 Sep
-
166,31
0,00
Ave Wool - RWS
16 Sep
-
174,76
0,00
Beeste A2/3
16 Sep
-
60,68
-0,67
Beeste AB2/3
16 Sep
-
56,6
-0,92
Beeste B2/3
16 Sep
-
52,85
-1,51
Beeste C2/3
16 Sep
-
50,84
1,51
Bevrore Hoender
16 Sep
-
31,02
-0,01
Bokkies (onder 30 kg)
16 Sep
-
75,48
18,07
Bokooie
16 Sep
-
45,78
3,28
Groot (meer as 40 kg)
16 Sep
-
44,01
5,77
Hoender (IQF)
16 Sep
-
30,23
0,48
Medium (30-40kg)
16 Sep
-
53,08
10,03
Pork Average
16 Sep
-
27,22
-0,34
Poultry Average
16 Sep
-
31,03
-0,15
Skaap A2/3
16 Sep
-
95,57
2,81
Skaap AB2/3
16 Sep
-
86
2,91
Skaap B2/3
16 Sep
-
79,77
0,66
Skaap C2/3
16 Sep
-
75,06
0,47
Speenkalf
16 Sep
-
37,59
-0,66
Spekvarke
16 Sep
-
27,98
-0,75
Stoorlammers
16 Sep
-
43,3
0,38
Varkwors
16 Sep
-
22,4
-0,17
Vars Hoender
16 Sep
-
31,83
-0,92
Vleisvarke
16 Sep
-
27,17
-0,28

Wees slaggereed vir veldbrande

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Johann Breytenbach
Foto: Johann Breytenbach
Klimaatsverandering en veranderinge op die platteland en in boerderygebiede veroorsaak dat die risiko van veldbrande groter word.

Dit is belangrik dat grondeienaars en -gebruikers dié risiko’s verstaan en besef dat hulle dit moet bestuur om veldbrande te keer pleks van om dit te probeer bestry soos dit opduik, sê mnr. Johann Breytenbach, bestuurder van die Vrystaatse brandbeskermingsvereniging (FSUFPA).

“Klimaatsverandering lei tot meer buitengewone weervoorvalle. Dit kan skielik vinnig warm en droog word, die wind kan baie sterk óf op ‘n ander tyd van die jaar waai, terwyl baie reën meer brandbare materiaal veroorsaak.”

Breytenbach sê hul satellietdata van 2019 tot nou vir die Vrystaat toon dat daar verlede jaar meer as 17 000 individuele brandvoorvalle was. “Dit is ‘n verhoging van meer as 200% sedert 2019.”

Hy sê die getal hoë-impak insidente het boonop toegeneem.

“Dit gaan ook oor veranderinge op die platteland, soos veranderende demografie. Daar is deesdae minder boere, werkers en hulpbronne per vierkante kilometer, en dit maak dat alle brande nie maklik geblus kan word nie.

“Mense se benadering tot brand moet verander na risikobestuur.” 

Drie vlakke van risiko

Breytenbach sê die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande (Wet 101 van 1998) reguleer die bestuur van veld- en bosbrande.

Die wet maak voorsiening vir verskillende vlakke van risiko met betrekking tot veldbrande.

In die eerste plek is daar die regstreekse brandrisiko. Dit is wanneer dit iewers brand en daar ‘n baie sigbare bedreiging is wat menselewens, beeste, skape, voerbale, huise en werktuie kan vernietig.

Die tweede risiko is die persoonlike risiko van brandwonde en versmoring vir die mense wat die brand moet bestry.

Die derde risiko is die nadraai van die vorige twee risiko’s. Breytenbach sê die wet maak daarvoor voorsiening dat mense die minimum veiligheidstandaarde moet handhaaf, risiko’s bestuur en nie risiko’s veroorsaak vir ander mense nie. “As ‘n brand geblus is, is daar aanspreeklikheidseise vir die skade wat aangerig is.”

Hy sê mense moet beplan vir die risiko’s om dit behoorlik te kan bestuur en eise te vermy. “Dit is ‘n redelike ingewikkelde situasie om in rond te beweeg, maar dit is nie onmoontlik nie.” 

Wie is verantwoordelik?

Breytenbach sê hoewel daar ‘n groter bewustheid oor die belangrikheid van die voorkoming van veldbrande is, is daar nog baie mense wat dink die bestryding en voorkoming van brande is iemand anders se verantwoordelikheid.

“Selfs in die stedelike gebiede is die brandweer nie ‘n gratis diens nie. Die betrokke wet maak dit duidelik die grondeienaar moet verantwoordelikheid neem. Daar is nie een of ander agentskap wat dit gaan kom doen nie. Dit is waarom die wetgewing voorsiening maak vir die kollektiewe bestuur van die risiko’s deur brandbeskermingsverenigings (BBV).”

Nog ‘n wanindruk is dat BBV’s net vir boere is. “Dit moet ‘n platform wees waarop verskillende grondgebruikers saamwerk en verantwoordelikheid neem. Slegs met daardie soort koördinering en samewerking kan die risiko’s getakel word.”

Voorkoming van risiko’s speel oral ‘n groot rol. Net soos talle bou- en brandregulasies in stedelike gebiede daarop gemik om geboue en mense teen brande te beskerm, is die betrokke wet daar om dieselfde ten opsigte van veldbrande te doen.

“Bouregulasies en voorskrifte van hoe gebou moet word en met watter materiaal, regulasies met betrekking tot elektrisiteit en die beperkinge op die bedryf van sekere hoë risiko besighede, het alles te doen met brandvoorkoming en brandbestryding.”

Hy sê as ‘n brand iewers uitbreek, sal mense gewoonlik probeer om dit self te blus met brandblussers of deur water op die vuur te spuit. Wanneer dit lyk of dinge begin handuit ruk, sal hulle die brandweer ontbied.

“Die brandweer gaan geld vra vir elke kilometer wat hulle ry, liter water wat hulle spuit en personeel wat hulle gebruik. Dit is waarom daar ook ‘n brandbluskoste in jou gebou se versekering is.”

Volgens Breytenbach is die beginsel van die eienaar is verantwoordelik wat al vir jare in stedelike gebiede deur munisipale bywette bestuur word is basies net so oorgedra na die bestuur en voorkoming van veldbrande.

“Ten opsigte van veldbrande rus ‘n dubbele verpligting op grondeienaars. In die eerste plek moet hulle keer dat brande op hul eiendom ontstaan. In die tweede plek moet hulle keer dat dit na hul bure versprei. Daar sal altyd gevra word wat jy gedoen het om die risiko te verminder.” 

Die wat en hoe van brandbane

Breytenbach sê brandbane is van die beste en veelsydigste voorsorgmaatreëls wat grondeienaars en -gebruikers teen brande kan tref.

Wet 101 van 1998 skryf volgens hom net voor dat ‘n brandbaan op die grond se kadastrale grens moet wees. “Die wet skryf nie ‘n spesifieke afmetings voor nie, net dat dit lank en breed genoeg moet wees om redelikerwys ‘n brand te kan keer.”

Die praktiese uitvoering van die wet is die plig van veldbrandverenigings, wat die nodige kundigheid moet hê hom die wet te interpreteer sodat dit prakties in hul omgewing uitgevoer kan word. “Dit is deel van ‘n brandbeskermingsvereniging se brandbestuurstrategie, en wanneer jy ‘n lid van ‘n brandbeskermingsvereniging is, geld daardie reëls vir jou.” 

Hoekom brandbane?

Brandbane het verskillende funksies. In die eerste plek keer dit dat ‘n vuur oor daardie stuk skoongemaakte grond gaan.

Die departement van bosbou sê ‘n brandbaan moet 60 m wyd wees. In die Vrystaat, waar die meeste van die grond grasveldweiding is, is dit te verstane dat boere nie groot oppervlaktes daarvan aan brandbane wil afstaan nie.

“Die dinge wat jy doen om brande te voorkom, moet ekonomies sin maak. Ons kan nie heeltemal mal gaan nie. ‘n Brandbaan moet ook prakties uitvoerbaar wees. Boonop gaan die afmetings van ‘n brandbaan verskil tussen gebiede.”

Breytenbach sê elke BBV se brandbestrydingstrategie sal minimum brandbaanvereistes voorskryf. “FSUFPA skryf voor dat ‘n brandbaan ‘n minimum van drie maal breër as die brandbare materiaal rondom die baan is.”

Hy gee toe dat ‘n vuur bo-oor ‘n baie breë brandbaan kan “spring” as die wind baie sterk waai, maar selfs in sulke gevalle bied ‘n brandbaan voordele bo plekke waar daar nie ‘n brandbaan is nie.

“In die regte toestande is een van die beste strategieë om ‘n teenbrand te maak. Dit beteken brandbestryders begin ‘n tweede brand om die eerste brand dood te brand.

“Om ‘n suksesvolle teenbrand te doen, moet daar ‘n beheerlyn wees. Dit is wat ‘n brandbaan verskaf. Boere hou nie van teenbrande nie, hulle probeer liewer om die gras te spaar, maar wat mense dikwels nie verstaan nie, is dat dit die vinnigste taktiek is om ‘n brand op ‘n regstreekse manier te beperk.”

Volgens hom is die vinnigste ander manier ‘n regstreekse spuit-en-ry-aanval met ‘n knyptangtaktiek wat teen ‘n maksimum van 5 km/h kan beweeg. As die wind egter teen 40-50 km/h waai, kan die brand maklik teen 7 km/h versprei.

“In grasveld beweeg ‘n vuur baie vinnig. Brandbestryders moet dikwels ‘n teenbrand maak om die verspreiding en momentum van die brand te keer.”

Breytenbach sê brandbane help ook dat brandbestryders ankerpunte kan stig. Dit kan help om ‘n brand op te deel om dit makliker te bestry.

“In die groot brand wat op 12 Julie verlede jaar tussen Petrusburg en Koffiefontein uitgebreek het, het 104 235 ha in 27 uur afgebrand. Dit was 104 km van waar dit begin het tot die verste punt. Dit beteken daardie vuur het 1,07 ha per sekonde afgebrand. As brandbestryders so ‘n brand in bestuurbare stukke kan opbreek, kan die skade vinniger beperk word.”

Nog ‘n belangrike funksie van ‘n brandbaan, is om brandbestryders toegang tot ‘n brand te gee om dit te bestry, of ‘n manier om weg te kom daarvan. 

Skakel brandbane by plaas se infrastruktuur in

Die maak van brandbane hoef nie ‘n groot en duur werk te wees nie, sê Breytenbach. Grondeienaars kan byvoorbeeld bestaande plaaspaaie tussen kampe verbreed en versterk.

“Die toegangspaaie na kampe kan ‘n hele netwerk van brandbane voorsien, maar maak seker dat dié stap nie erosie veroorsaak nie.”

Volgens hom kan die interne brandbane nie net ‘n toegangsroete vir brandbestryders gee nie, dit verskaf ook ‘n ontsnaproete en maak die plaas veiliger.

Nog iets wat reeds op plase is en met min moeite omskep kan word, is die lêplekke van vee of kaal kolle om voerbakke in kampe. “Ons beveel aan dat boere daardie bestaande dinge vat en groter maak om ‘n veiligheidsone in elke kamp te skep. Wanneer daar ‘n brand is, kan vee in daardie gebied ingejaag word.

Dit verskaf ook ‘n relatief veilige plek vir brandbestryders wat kan weet daar is ‘n plek waar dit dalk warm en ongemaklik gaan wees, maar hul lewe is nie in gevaar nie. “Só takel jy die risiko’s vir jouself, brandbestryders en vee.” 

Hou bufferstroke skoon

Waar daar bates in die veld is, soos Lister-enjins of windpompe, moet die grond rondom dit skoon gehou word sodat pype nie brand of die enjin nie ‘n brand kan veroorsaak nie.

“Maak ‘n buffersone rondom alles wat moontlik ‘n brand kan veroorsaak, soos vullisgate, werkershuise en plaaswerkswinkels. Maak seker dat daar nie brandbare stof en mis op die vloer van werkswinkels of skure is nie.

“Hou die buffersones om voerskure of stapels bale skoon. Dit gebeur soms dat ‘n skuur met werktuie uitbrand omdat die gras rondom die gebou nie kort gehou is nie. As dit kan brand, maak dit skoon. Boere moet begin om te sê, dit kan brand, so dit is ‘n hoë risiko en ek moet myself beskerm teen die moontlikheid en gevaar daarvan.”

Breytenbach sê dit is goed waarna versekeringsmaatskappye kyk en waaroor hulle vrae vra.

“Boere moet na hul eie situasie kyk en ‘n brandplan optrek. Hulle moet gaan sit en strategies beplan. Waar kom die risiko’s vandaan, van buite af of is dit interne risiko’s. As dit brand, wat gaan die gevolge wees? Wat gaan ek doen?

“Voorafbeplanning is belangrik. Die plan wat die meeste mense het, is ons spuit gou die vuur dood, maar hulle besef nie hoe vinnig die brand beweeg en wat die impak is nie.”

Breytenbach sê die meeste brande is klein, maar dit gebeur al hoe meer dat brande groter word met ‘n groter impak. 

Navrae: Johann Breytenbach, e-pos: genman@fsufpa.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.11
-0.6%
Rand - Pond
19.19
+0.7%
Rand - Euro
17.32
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.59
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Goud
1,623.62
-0.3%
Silwer
18.12
-1.5%
Palladium
2,053.50
-1.1%
Platinum
843.00
-1.2%
Brent-ruolie
86.27
+2.6%
Top-40
56,611
-1.8%
Alle aandele
62,950
-1.7%
Hulpbronne 10
56,591
-0.7%
Industriële 25
77,683
-2.0%
Finansiële 15
13,941
-1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wat se jy, ek en jy loop die pad saam tot in Ewigheid.
Ag dis nie my keuse om vir iemand te seh hul moet my leer ken nie. Ek gaan nie eers my tyd mors nie, maar ek sal my tyd gee vir die wat my regtigwaar wil leer ken en n pad saam...
I Just love my life..... What about you....
I am a Lady with strong values in life. What you see is what you get. A plain Jane. Love the outdoor and try to make the best of each day. Elke nuwe dag is net geleen vir ons....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot