AFGRI
BEAN
02 Feb
-
9604
-189,00
CORN
02 Feb
-
4550,4
-19,60
SOYA
02 Feb
-
8815
-94,00
SUNS
02 Feb
-
11369,8
71,80
WEAT
02 Feb
-
6722
-47,00
WMAZ
02 Feb
-
4298,6
-13,40
YMAZ
02 Feb
-
4419
-26,00

Weg met EU-hoender!

Erge misnoë met die invoer van hoendervleis is gister met ’n optog na die EU se kantore in Pretoria uitgespreek.

Werknemers en senior lui van die Suid-Afrikaanse pluimveebedryf het op 1 Februarie aan 'n optog deelgeneem om te eis dat die Europese Unie (EU) “onwettige storting” van hoenderstukke aan die been hier staak.

Tussen 600 en 700 mense het na die EU-afvaardiging in Suid-Afrika se Pretoria-kantoor gestap, in 'n protesaksie wat die bedryf en die Food and Allied Workers’ Union (FAWU) gereël het.

Mnr. Zwelinzima Vavi, voormalige en geskorste Cosatu-hoofsekretaris wat tans betrokke is by voorbereiding vir 'n nuwe arbeidsfederasie, het die betogers toegespreek. Hy het gesê pres. Jacob Zuma gee nie om dat die pluimvee- en staalbedrywe verdwyn nie. Hy het geëis dat die Regering sy eweknieë in Europa vra om op te hou “om gesubsidieerde hoender te stort”.

“Ons is nie proteksionisties nie, ons vra net vir ’n billike speelveld. Die EU subsidieer hul boere, ons Regering weier.” Van die frases wat Vavi die betogers laat napraat het, was “genoeg is genoeg”, “beskerm ons werkgeleenthede”, en “word wakker, Jacob Zuma”.

Mnr. Kevin Lovell, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaans Pluimveevereniging (SAPV), het betogers aangemoedig om net Suid-Afrikaanse hoender te koop, terwyl mnr. Katishi Masemola, sekretaris-generaal van FAWU, die Regering gevra het om sy planne om die bedryf te red, te bespoedig.

“Ons het nie die luukse van tyd nie.” Volgens hom is die situasie benard en is daar onder meer 'n pluimveeprodusent wat sowat R1 miljoen per dag verloor. “Ons het nie ses maande of 'n jaar om te te oorleef nie.”

Meer as 1 000 werkers in die bedryf het reeds hul werk verloor. Masemola en Lovell het 'n memorandum en navorsing aan mnr. Massimo de Luca, die EU-afvaardiging se hoof van handel en ekonomie, oorhandig.aie mededingend en doeltreffend.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.03
+0.1%
Rand - Pond
20.93
+0.8%
Rand - Euro
18.72
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.14
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,022.62
+1.1%
Palladium
1,676.57
+0.4%
Goud
1,954.56
+0.2%
Silwer
24.45
+2.0%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,805
+0.1%
Alle aandele
79,978
+0.2%
Hulpbronne 10
75,070
-0.1%
Industriële 25
102,781
+0.3%
Finansiële 15
16,589
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lewenslustige man
Lewenslustige persoon wat hou van nuwe ondekkings/uitdaging s. Christenskap is baie belangrik vir my. Eerlikheid en opregtheid baie belangrik. Lief vir my Afrikaner nasie. Mal...
As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie...¹
LOVE my honde en my kinders. My siels vriende is vir my baie belangrik. Ek steur my nie aan drama nie. Haat shopping centres met ń passie. Alryd aan die kook, bak en...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot